Wêreldrugby ondersoek rasklag teen Bongi

Bongi Mbonambi vier die Springbokke se oorwinning oor Engeland. (Foto: Thomas SAMSON/AFP)

Wêreldrugby het ʼn amptelike ondersoek begin na die bewering dat Bongi Mbonambi ʼn rassistiese opmerking tydens die Springbokke se kragmeting teen Engeland in die Wêreldbeker-halfeindstryd gemaak het.

Maroela Media het vroeër berig daar word beweer dat Mbonambi (32) in die eerste helfte van Saterdag se sege van 16 – 15 die Engelse agterspeler Tom Curry ʼn “white c**t” genoem het.

“Wêreldrugby neem alle bewerings van diskriminerende gedrag uiters ernstig op,” het die sportliggaam in ʼn verklaring gesê.

“Ons kan bevestig dat ons ʼn amptelike hersiening doen rakende die aantyging wat deur Engeland se Tom Curry gemaak is in verband met die gebruik van diskriminerende taal tydens Engeland en Suid-Afrika se halfeindstryd.

“Wêreldrugby sal nie verdere kommentaar lewer voor die afhandeling van die proses nie.”

Curry het die skeidsregter Ben O’Keeffe sowat ʼn halfuur ná Saterdag se kragmeting afgeskop het genader om die beweerde opmerking aan te meld en gevra wat hy in reaksie moet doen.

“Niks nie, asseblief,” het O’Keeffe glo geantwoord en bygevoeg hy sal dit hanteer. Curry is ná die wedstryd gevra of Mbonambi, wat ook blykbaar geweier het om die Engelse speler se hand aan die einde van die wedstryd te skud, iets gesê het waaroor hy beswaar gemaak het.

“Ja,” het die 25-jarige Curry geantwoord, voordat hy bygevoeg het dat “daar nie daaroor gepraat hoef te word nie”.

Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Sondag gesê hy neem kennis van die bewering en stel ondersoek in.

“Ons is bewus van die bewering, wat ons baie ernstig opneem, en gaan die beskikbare bewyse na,” lui Saru se verklaring oor die saak. “Ons sal met Bongi in gesprek tree indien daar enigiets gevind word om die bewering te staaf.”

Engeland se afrigter, Steve Borthwick, wou nie Sondag kommentaar oor die aangeleentheid lewer nie.

Mbonambi is die Springbokke se enigste spesialis-haker nadat Malcolm Marx weens beserings huis toe gestuur is. Deon Fourie en Marco van Staden is die ander twee hakers in die Bokke se Wêreldbekergroep.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Johann ·

Ok so dis vir alle doeleindes nie ‘n bevestigde kwessie dat hy dit wel gesê het nie?

vuurvliegie ·

Laat ek lag. Haka Haka “Wêreldrugby neem alle bewerings van diskriminerende gedrag uiters ernstig op. Laat ek weer lag hiervoor. As dit die geval is moes die skeidsregter dadelik opgetree het en met altwee partye gepraat het. In die meeste gevalle sou beide spelers alles vergeet het en aangegaan het met die spel. Ek lê die voorval voor die skeidsregter en WR se voete vir optrede.

Hendrik ·

Jammer oor die smerige rassisme, maar reg is reg. Veral onder ons werksomstandighede ly genoeg mense hieronder met die anc regering se dudbele standaarde.

Theresa ·

In SA gewoond om te sê wat hul wil, maar in ander lande is dit nie só maklik nie, en daarby sê ek nie Bongi het dit gesê nie, maar as hy het moet hy Pa staan vir sy dade!

JohanR ·

Fourie en van Staden sal nie die Springbokke in die steek laat. Canaan Moodie vir Willimse en le Roux., en Grant Williams vir Cobus Reinach. Die manne is tam en vars bene is nodig teen die AB.

Helien ·

Jammer dat daar altyd n probleem met Engeland is. Hulle is altyd suur gat as hulle verloor. So n baba wat altyd hulle speelgoed uit die Cote gooi

KaRoOkWaGgA ·

Ai jinne. Dis alles ‘n groot misverstand. Mbonambi het per abuis sy tale gemeng. Hy het bloot vir Curry bietjie advies gegee oor hoe om weg te breek van die rolmaal. Hy het gesê “If you brake away from the mall, use the wide kant.”
Probleem opgelos.

KaRoOkWaGgA ·

AsEkKon, hy nee, regtig? Dis hartverskeurend. Kry bietjie gees Choppa.

George ·

Glo die’s die geval nie, maar verbaas my nie. In SA word blankes dit daagliks genoem, van til werkers tot polisie.

Catherina ·

What’s good for the goose is good for the gander…no matter what colour your skin

Republikein in die Wes Kaap ·

Indien Curry so’n tipe uitlating gemaak het was die gort gaar. Rooi kaart, naweek in tronk, en lang skorsing.

Manie ·

Kom ons wag vir die bevinding voordat ons Bongi onder die bus gooi. ‘n Mens is mos onskuldig totdat jy skuldig bevind word, so laat die proses sy gang gaan.

Die Goodwoodianer ·

Suur druiwe sal ek sê. As ek so na die kommentaar kyk: Sjoe, die Engelse kry dit ook reg om Suid-Afrikaners te verdeel. Die Engelse doen weer wat hulle lank-lank gelede hier gedoen het… en ek praat nie oor rugby nie…

George ·

Kom ook maar oor dit, ons moet oor apartheid kom, maar tog bly julle die britte opbring.

Kaptein ·

Die klomp Engelse het net suur drive en is van die slegste verloorders. Omdat hy iewers gelees het in n valley koerantjie probeer hy nou die rassekaart speel. Aagh shame, go and enjoy a cup of 5 demolished roses

SjN ·

As Bongi hom wou vloek sou daar beslis woorde van Tom se ma ook genoem was!! As die ingelse gewen het sou daar geen haan gekraai het nie, suur druiwe.

Hendrik ·

Ons vra nog steeds waar is die m r k. Etsebeth het maande lank onder die valse aanslag verduur. Soos lyse bloedsuiers aan die saak geklou. Wat het dit op die einde hom gekos. Niemand het ooi verskoning gemaak nie.

Hennie Biebouw ·

Watter lawwe wêreld leef ons nie in nie… sulke brose egotjies….

Marius ·

Probleem is, jy kan net iets beweer deesdae dan word iemand via die internet verhoor al klaar. Die internet is ‘n lelike plek, die wêreld is mal en die Engelse gedra hulle soos sokkerspelers

Pieter Johan ·

Uit n ander hoek — Ons kla omdat ons so kritiek verduur en onder Noordelike Halfrond onvriendelike handelinge getreiter word .
Hoe dink ons gaan dit lyk as SA as BRICS land weer die Beker wen – Dit is nou, met ons vriende onder andere soos Rusland ( met Noord Korea), Iran, China ens.
Engeland en Frankryk en ander Europese lande – sal maar treurig lyk met SA aan die verkeerde kant van die draad wat oor hulle hardloop vir die soveelste keer ? Verseker sal alles gedoen word om skeidsregters, spelers, ens teen ons in te span. — Dalk moet ons net ons vriende beter kies– as ons gewilder wil wees ?

Republikein in die Wes Kaap ·

Wel, sedert 2012 het WADA vir Rusland gas gegee, sonder rede. Rusland is uit die Olimpiese Spele, sowel as baie sportkodes se wêreldkompetisies. Dit gaan met jou landjie ook gebeur. Trouens die tekens is daar dat dit reeds gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.