Werker beland onder vragmotor

Die man is per helikopter na die hospitaal geneem (Foto: Verskaf)

ʼn 47-jarige man is Woensdagmiddag ernstig beseer nadat ʼn vragmotor in Centurion, Gauteng, oor hom gery het.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, was die man ʼn werker wat gehelp het om die vragmotor in Amberfield Valley, Centurion, af te laai.

Paramedici het die man op die toneel behandel (Foto: Verskaf)

“Die vragmotor se remme het na bewering ingegee. Die voertuig het teruggerol en oor die werker gery,” bevestig Herbst.

Herbst sê paramedici is omstreeks 13:50 na die toneel ontbied, waar hulle die werker op die grond aangetref het. Hy het ernstige beserings opgedoen.

“Paramedici het die man op die toneel gestabiliseer voordat hy vir verdere behandeling per helikopter na ʼn hospitaal geneem is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AW ·

Dink nou….

Daardie verskoning word gereëld genoem…..

Wonder…. wat die Diens Rekord van daardie voertuig sal aandui….

Wie word verantwoordelik gehou…

Eienaar of Bestuurder of albei….

Bennie ·

is daai voertuie nie veronderstel om blokke onder bande te kry sodra daar op en afgelaai word nie? dit is volgens my een van die vereistes..

Alet ·

Jy is doodreg. Wet vereis stop blokke wanneer vragmotors gelaai of afgelaai word.

Mallie ·

Wat vereistes was in die ou Suid Afrika geld nie meer in die nuwe Suid Afrika nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.