Werker ernstig beseer met bandsaag

‘n Bandsaag. (Foto verskaf deur Netcare 911)

’n Fabriekswerker is Maandag in ’n ernstige toestand na ’n hospitaal in KwaZulu-Natal gevlieg ná ’n ongeluk met ’n bandsaag.

Die bandsaag het glo oor die werker se oë tot in sy skedel gesny terwyl hy die saag in ’n werkswinkel gebruik en dit toe gebreek het.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 13:30 na die werkswinkel in JB McIntoshweg ontbied waar hulle man met ’n diep snywond oor sy gesig aangetref het.

Die man is inderhaas op die toneel behandel voordat hy in ’n helikopter van Netcare 911 na ’n spesialisfasiliteit gevlieg is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.