Werkers vas ná inbraak by plaashuis

Argieffoto: SAPD

Twee verdagtes sal Maandag in die Bultfontein-landdroshof in die Vrystaat verskyn nadat duisende rande se ware wat by hul werkgewer gesteel is, in hul besit aangetref is.

Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie, sê ʼn plaaseienaar van die omgewing het Sondag ʼn klag van huisbraak by die polisie aanhangig gemaak. Die eienaar het kort vantevore teruggekeer van vakansie en besef daar is by sy plaashuis ingebreek. Vier selfone, ʼn vuurwapen en ammunisie, drank en klere is gesteel.

Twee werknemers op die plaas, onderskeidelik 26 en 30 jaar oud, is vandag in hegtenis geneem nadat al hierdie goedere in hul besit gevind is. Behalwe vir die vuurwapen en ammunisie is die res van die items meer as R26 000 werd, sê Thakeng.

“Die verdagtes het vermoedelik die huissleutels gevat waar hulle weet dit gebêre is vir veilige bewaring,” sê Thakeng.

Genl.maj. Lerato Molale, die plaaslike bevelvoerder, het die polisiereserviste konst. Moeketsi Tshosane en konst. Thembekile Fepane gelukgewens met die inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris Ws ·

Hulle sal darem die naweek agter tralies deurbring (hopelik!)

Bobatee ·

Dit is nie n nuus berig nie mense, dit is n bootskap of wag eerder n waarskuwing.

Mb ·

Sleutels gebêre vir”veilige” bewaaring. En almal weet waar dit gebêre is! Hoe dom tog.

Abe ·

Almal wat die polisie so afkraak neem asb. kennis van die sukses.

Flippie ·

Dit is nie ‘n plaasaanval nie, maar is inbraak en diefstal. ‘n Doodgewone misdaad. Die plaaseienaar en/of sy familie is nie ingewag, gemartel, verkrag en terregestel nie. Die tipe misdaad is verteerbaar.

Dit is ook opmerklik dat die misdadigers vasgetrek is deur die polisie. Dit lyk my hulle kan “normale” misdaad vasvat. Maar as by plaasaanvalle kom lyk dit of hulle nie kan of wil nie.

Grompie ·

Tipies dit is totaal onaanvaarbaar.Wanneer gaan mense besef dat diewe ,moordenaars,dronk bestuur,verkragters,brandstigters, ens het geen verskoning vir hul oortredings, hulle weet dis verkeerd tog doen hulle dit.REALITEIT DIEGENE HOORT MEE GEDEEL WORD OP LUKRAKE BASIS .Voer diegene vir haaie of leeus maar raak ontslae van hulle.

Jeremia ·

O, daardie liewe sleutels en daardie groot vertroue in die werknemer(-s)!

Wonder net ·

Ek wonder net wat gaan gebeur wanneer hulle uitkom…. Hulle woon sekerlik op die boer se grond….hoe gaan die boer hulle nou van sy grond verwyder…. Hy gaan nou geteiken word omdat hy hulle uitgevang het…dis mos hoe hulle koppe werk….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.