Werkloosheid op nuwe rekordvlak

(Foto: pixabay)

Suid-Afrika het ’n rekordwerkloosheidskoers van 34,9% in die derde kwartaal aangeteken. Dit is ’n halwe persentasiepunt hoër as in die tweede kwartaal (34,4%) en die hoogste sedert die aanvang van Statistieke Suid-Afrika se peiling in 2008.

Die uitgebreide werkloosheidskoers het van 44,4% tot 44,6% in die derde kwartaal gestyg, wat beteken dat 12,5 miljoen mense in Suid-Afrika tans werkloos is en van wie slegs 7,6 miljoen tans aktief na werk soek.

Dr. Michael Cardo, DA-LP en die party se woordvoerder oor indiensneming en arbeid, sê die uitgebreide koers dui op ʼn “verergerende pandemie van werkloosheid” en stuur af op ’n steierende werkloosheidskoers van 50%.

Volgens Statistieke Suid-Afrika het die getal werkende mense in die derde kwartaal van vanjaar met 660 000 tot 14,3 miljoen afgeneem – die vierde afname in indiensneming sedert die algehele landwye afsondering verlede jaar ingestel is.

Dít terwyl die getal ontmoedigde werksoekers in die derde kwartaal van 2021 met 545 000 (16,4%) gestyg het.

Alle bedrywe het tussen die tweede en derde kwartaal van vanjaar werksverliese ervaar behalwe die finansiële bedryf waar indiensneming met 138 000 toegeneem het.

Die handelsektor is die ergste getref. Dié bedryf is 309 000 poste kwyt, gevolg deur gemeenskap- en maatskaplike dienste (-210 000), konstruksie, asook private huishoudings (-65 000 elk).

Cardo meen die jongste werkloosheidsyfers is ’n “nasionale ramp”.

“In plaas daarvan om op sy hande te sit en toe te laat dat werkverliese muteer en vermeerder, moet pres. Cyril Ramaphosa dit as ʼn openbare gesondheidsnoodgeval hanteer. Sy regering moet maatreëls instel om die ekonomie te laat herleef, die arbeidsmark te liberaliseer en ʼn omgewing te bevorder wat bevorderlik vir werkskepping is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Pietertjie ·

Dis net ‘n ramp vir die werkloses, nie vir die regering nie. Anders sou die regering al jare gelede iets aan die situasie gedoen het.

marius ·

Die hool het al heelwat wereld rekords laat spat . Almal vir die verkeerde redes .

Ansie ·

Ek dink die ANC se dae is getel. Werkloosheid, geweldige petrolverhogings wat alle ander pryse opjaag, bankrot munisipaliteite, ens. … Die ANC-ondersteuners het nie dom gebly soos hulle wou gehad het nie.

JohanR ·

Net as jy vir die regering werk het jy geen werkloosheid probleme nie. Selfs Maart 2020 tot September 2020 het ‘n regering werker se salaris elke einde van die maand….plops…. in hulle bank rekening geval. Daar was geen Covid-19 suffering vir ‘n regering werker nie. My skoonsus het haar werk verloor, my niggie het haar werk verloor. Hoe het jy in ‘n tyd van Covid-19 toesluiting probeer om te soek vir ‘n ander werk? R350 ‘n maand? Moet vir die ANC ministers vra om op R350 ‘n maand te lewe!

Grens ·

BEE en minimum wages. Wonder hoe werk dit nou nog vir die ANC.

SlinkseKoljander ·

Baie dankie ANC:

Werkloosheid die hoogste ooit
Petrol die hoogste ooit
Geweld die hoogste ooit
Moord die hoogste ooit
Misdaad die hoogste ooit

Julle het net mooi niks gedoen in 27 jaar behalwe alles afbreek, vernietig en julle self lekker vet maak nie.
Maar dan het ek nie veel meer vervag van ons mense nie…

jzjz05 ·

Stem Reggesê:_.ANC het alles deurgetrek en SEB, BEE en minnimun loon gio hulle help die people .Kan nie sien dat dit die saam met hulle swak regering die grootste kweeker van werkloosheid is nie. Viwa ANC.

Johann ·

Dis PRESIES waar die ANC die land wil hê en mee oppad is. Dit pas hulle ANARGIE STAAT perfek! Massas en massas ongeskoolde werklose AFHANKLIKE “people” wat vir n Tshirt en kospakkie en GRANT doen NET wat die babkrot ANC wil hê.

Di ·

Die korrupte regering moet eerstens begin om al die poste wat vir immigrante gegee is vir die mense wat SA burgers is gee en die immigrante terug pos waar hulle vandaan kom. Tweedens moet hulle daadwerklik iets doen om die aanwas van die populasie te verminder. Stop die kinder grants dan gaan daar minder kinders gebore word.
“South Africa will spend more than R195 billion in the next year – paying 18 million grants a month. Social development minister Lindiwe Zulu says that her department has allocated R195. 5 billion to the monthly payment of grants for the 2021/2022 financial year”

lodewyk ·

Nee hoekom sal CR hom bekomerd oor werkloosheid ?Daar is mos SASA om vir die werkloses te betaal,maar daai 5 miljoen belasting betalers raak ook nou armer,dus die middelklas raak armer en op die ou einde gaan daar net n arm klas en ryk klas wees,dan is die land se ekonomie heeltemal vernietig,die ANC moet uit punt!!

Mariana ·

En die rykes vat pad land uit. Hulle moes nooit daar gewees het nie, hulle het ons land vernietig.

Grassie ·

Volgens die berig daar net 14.3 miljoen werkende mense in die land. Ek kan nie onthou hoeveel daar is wat van staatstoelaes lewe nie maar dit is iewers tussen 20 en 30 miljoen – in elk geval baie meer as die werkers. Geen land kan so voortbestaan nie, dit is nie moontlik nie. Ek glo die land gaan in chaos verval wat ons nie sal kan beheer nie. Ek is eintlik bly dat ek al so bietjie aan die ou kant is maar ons oues se nageslag gaan nie hier kan uithou nie.

annie ·

‘n Te groot bevolking vir wat die ekonomie kan onderhou… Is eerder die situasie. Die hele Afrika sak op SA toe want dit gaan net te lekker hier. Staan in enige ry en jy gaan iets verniet kry… En die unies wil weer alles wat werk afbreek om hul dwaasheid te bewys… Met WOIII wat dreig in in die Ukraïne en Covid wat sake beduiwel, moet Afrika miskien, as hul sou kon, tot inkeer kom. Afrika is nie ‘n troetel-planeet met sy eie sorg-vir-my-as nie. As die domino’s val val Afrika saam.

Marisa W ·

so as mens op 33 matriek leerlinge per klas werk gaan een hele klas uit elke 3 klasse matrieks nie werk kry nie…

Shakespeare ·

Werkloosheid in 1994, 24%. Werkloosheid in 2021, 44%.
Nog ‘n trotse ANC/EFF rekord.

Nico ·

Het hierdie ANC regering die kundigheid om hierdie werkloosheid te stop, hulle het nie die kennis nie, en sal dit ook nie stop solank dit hulle pas.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Hierdie ongebreidelde toename in werkloosheid asook die lang termyn verswakking in die Rand wisselkoers is ‘n voorsmakie van die ANC se National Democratic Revolution met hul doel om ‘n volslae ANC getransformeerde kommunistiese Mzansi National “Democratic” Society daar te stel. Elke Suid-Afrikaner moet wakker skrik as hulle betyds wil verhoed dat hulle verslaaf raak onder die ANC se kommunistiese ideologie-juk. Die ANC implimenteer kommumisme onder die rookskerm van sosialisme. elkeen van ons het die plig om ons mede Suid-Afrikaners in te lig oor hierdie ROOI gevaar.

Yolandie ·

Mense moet leef in hul eie gemeenskappe, asof ons geen regering het. Dan sal dit met almal goed gaan. Daar is geen manier dat die patetiese skelm ANC enige iemand iets kan maak doen nie. Hou op luister na die twak wat hulle praat en sit tyd in jou eie gemeenskap in. Hoe minder daar aan hulle gesteur word hoe minder krag het hulle.

Swerwer ·

En wie is te danke aan hierdie hoë werkloosheid syfer, DIE ANC.

Mercia ·

Verbeel jou net bietjie waar gaan daardie syfer heengaan met hulle “copy paste” plan van verpligte spuite……..om nie eers te praat van die verdere verlies aan kundigheid op talle gebiede nie en die “ripple” effek op besighede wat hierdie waansin moet toepas…..

Marcello ·

Wat dit so hartseer maak, is dat mense met Meesters – Grade nie kan werk kry nie, dit is om enige mens moedeloos te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.