Wes-Kaap verklaar vyf nuwe erfenisterreine

Princess Vlei in Retreat. (Foto: Ian Landsberg/ANA)

Die Wes-Kaapse Erfenisraad het Dinsdag bekend gemaak dat hy vyf nuwe provinsiale erfenisterreine goedgekeur het.

Dié terreine is die Blaauwberg-natuurreservaat in Blaauwberg, Freedom Square in Bonteheuwel op die Kaapse Vlakte, die Gugulethu Sewe-gedenkteken in Gugulethu, die Langa-paskantoor en Princess Vlei in Retreat.

Tania Colyn, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van kultuursake en sport, sê die vyf erfenisterreine het noue verband met gebeure en figure van belang en verryk ook die begrip van die kulturele, historiese en maatskaplike ontwikkeling van die Wes-Kaap asook Suid-Afrika.

Kennisgewingborde en plaatjies sal nou by die erfenisterreine aangebring word om hul nuwe erfenisstatus aan te dui.

Sodra ʼn terrein tot provinsiale erfenisterrein verklaar is, geniet dit die hoogste beskerming ingevolge die Suid-Afrikaanse Wet op Nasionale Erfenishulpbronne.

Volgens Anroux Marais, LUR vir kultuursake en sport in die Wes-Kaap, is dit belangrik om terreine met kulturele en historiese belang te beskerm.

“Die terreine bevat in baie gevalle die stories wat die veerkragtige gees van die mense in ons land beklemtoon. Dit is van uiterste belang dat ons voortgaan om hierdie terreine te beskerm en dat gemeenskappe na die terreine omsien om dit vir geslagte te bewaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Kokerboom ·

Goeie gebaar ek hoop net hul het toestemming van die heer Mthetwa en sy opperbevel gekry!!!

Jacobus ·

Inklusiwiteit, politieke korrektheid… Dit afgesien van die ware jakob, is ‘n goeie ding.

Tanniepetoors ·

Mooi so Wes-Kaap! Wys die res van SA hoe word ‘n land en nasie verenig en die verlede onthou, al maak dit seer. Ons moet nooit die geskiedenis probeer verander nie. Wat gebeur het, het gebeur. Kom ons maak dit nou n beter plek vir almal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.