Wes-Kaapse brandbestryders geteiken, aangeval

Argieffoto ter illustrasie

Wes-Kaapse brandbestryders is die afgelope week in twee afsonderlike gevalle geteiken en aangeval. Die brandbestryders is glo met klippe gegooi en hoewel geen beserings aangemeld is nie, is twee brandweerwaens tans uit diens weens die skade wat tydens die aanvalle opgedoen is.

JP Smith, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir veiligheid, sê brandbestryders het Donderdag op ʼn strukturele brand in Uitsig by Elsiesrivier in Kaapstad gereageer toe hulle deur geweerskote geïntimideer en met klippe aangeval is.

“Brandbestryders wat vroeër die week op ʼn struktuurbrand in Greenville, Kraaifontein, gereageer het, is ook aangeval.

“In albei gevalle het brandbestryders met hul pligte voortgegaan en die brande geblus voordat hulle inderhaas die gebiede verlaat het.

“Terwyl die brandbestryders gelukkig genoeg was om nie beserings op te doen nie, is albei brandweerwaens beskadig en dit sal uit diens geneem moet word vir herstelwerk,” sê Smith.

Hy meen dat die metro hard gewerk het om te verseker dat die brand- en reddingsdienste goed toegerus is.

“Ons is waarskynlik die beste toegerus in die hele Suid-Afrika. Ons het onlangs ons reaksie-eenhede uitgebrei deur twee nuwe brandweerstasies naby gemeenskappe in nood by te voeg; dié van Sir Lowry en dan die Masiphumele- en Oceanview-gebiede wat die Kommetjie-brandweerstasie kry. Dit bring ons totaal nou op 32 stasies te staan.”

Smith sê benewens die reusebelegging in bykomende voertuie, waaronder watertenkwaens en lugplatform-vragmotors, het hulle altyd verseker dat elke brandweerstasie altyd ʼn werkende brandweerwa in sy vloot gehad het.

“Dit is die werkperd vir enige en alle noodreaksie-eenhede, toegerus met ʼn watertenk, waterpompe, lere en reddingstoerusting.

“Nou is twee van hierdie voertuie onbeskikbaar. Versekeringsevaluering moet gedoen word, eise moet afgehandel en onderdele by die vervaardigers bestel word voor die herstelwerk kan begin.

“Ongelukkig is dit dan die kwesbaarstes wat hierdeur geraak sal word.”

Smith sê die brand- en reddingsdienste sal egter die nodige logistieke reëlings tref om oorblywende voertuie na verskeie stasies te skuif om voort te gaan om ʼn wêreldklasdiens te lewer.

“Ons veroordeel die vyandige optrede van diegene wat ons brandbestryders teiken of diegene wat reageer op soortgelyke noodgevalle as wat dikwels met paramedici en ambulanspersoneel voorkom.

“Terwyl brandbestryders gewoond is daaraan om hul veiligheid op ʼn daaglikse grondslag te waag teen onvergewensgesinde vlamme, is hulle nie opgelei om gewelddadige en aggressiewe, direkte aanvalle van misdadigers te hanteer terwyl hulle op noodgevalle reageer nie.

“Die gevolglike trauma wat lede in hierdie verband opdoen, is dus onaanvaarbaar.”

Smith sê die metro sal ʼn beloning van tot R5 000 aanbied vir enige inligting, waaronder selfoonvideo’s wat kan help om die oortreders te identifiseer en wat tot hul inhegtenisneming sal lei.

“Ons doen ʼn dringende beroep op ons inwoners om ons noodreaksiedienste te beskerm terwyl hulle hul pligte uitvoer.”

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Fontein Tannie ·

Dis n herhaling van die 1990’s toe ons as brandweer en ambulans personneel gereeld deurgeloop het. Is daar enige ander oud brandweer personneel wat kan onthou?

Frikkels ·

Voor die verkiesing in 94, was die belhamels goed vasgevat. Nou kry almal die skuld behalwe die wat vir die probleme verantwoordelik is!

CHRISTINE ·

Ek het nou die dag vir iemand gese dit voel soos die laat tagtigs begin negentigs die laaste ruk.

Vonkprop ·

Beloning van tot R 5 000? Niemand gaan uitkom met inligting vir daardie bedrag nie. Regverdig dit die skade en trauma wat die dade aanrig regtig so min?

Delia ·

As mens betaal moet word om die regte ding te doen, sê dit baie van jou karakter

Frikkels ·

Dit is altyd ongelukkig die “kwesbaarstes” wat hierdeur benadeel word, maar die ironie van die saak is dat dit juis die “kwesbaarstes” is wat hierdie skade aanrig. Dis tyd dat die “kwesbaarstes” vasgevat word en verantwoordbaar gehou word vir hulle kriminele optrede. Vandag breek hulle die brandbestrydings voertuie en môre gooi hulle klip omdat daar nie brandweer voertuie beskikbaar is wanneer hulle ” shacks brand nie. Dan brand hulle shacks tot op die grond af en hulle verwag hulp van die wit monopolie. Word wakker en sien in dat hierdie ñ kriminele politieke spel is wat op die hoogste vlak van ons regering moet vasgevat en uitgerooei word. Die kwesbares sal alles vernietig want hulle is niks beter gewoond nie. En dit is hulle eie lamsakkigheid wat daarvoor verantwoordelik is!

Mariaan ·

Weereens maar net n bewys waar die vure vandaan kom en wie die instigators is Hulle gaan alles target wat saak maak word betaal daarvoor en tien teen een nie eens S Aners nie.

Bolandse Nooi ·

Nou maar los dan diegene in daardie “strukturele brand” areas, dat die “strukture” tot op die grond toe afbrand. Vir wat moet mense, wie ‘n waardevolle bydrae tot die gemeenskap lewer, se lewens in gevaar gestel word vir diegene wat niks tot die gemeenskap bydra nie?

Delia ·

Vir baie mense is hulle werk n roeping. Ongeag die gevare. As elke lid van n reddingspanne moet weier om uit te gaan wanneer n stapper alleen in die berg gaan stap of n drawwer in n storm gaan draf ens ens, wat sal dan gebeur

marius ·

Weier om uit te gaban . Die gemeenskabppe weet wiej die gemors is . Laat hulle dit uitsorteer.

Karoo ·

Dit verstom my….. is daar nood, en jy help nie die mense nie, is daar drama…. help jy wel die mense, word jy aangeval. Wat wil die gemeenskap he???? Sort die manne uit want die Polisie en die Staat worry elkgeval nie.

JohanR ·

Laat die brandweer manne almal Tazers dra. Lekker on te sien hoe iemand die rittletit doen!

Kokerboom ·

Onaanvaarbaar en belastingbetalers staan in vir skade! JP rook die Weskaapse bendes en boewe uit asb

Tewis ·

Ok so dan is dit mos nou helde wie hier agter sit !! Gebruik paint ball guns met goeie kleur wat nie maklik kan afwas nie. Dit behoor seker ń afskrikmiddel tewees om nie vir ń maand of twee met ń gekleurde kol teen die kop teloop?

Marina ·

Staak doodeenvoudig nooddienste na hierdie areas totdat die skuldiges uitgelewer word. Hierdie Afrika-mentaliteit moet end kry! Ambulanse, brandweer trokke, vullis trokke ens. As die gemeenskap nie die dienste (waarvoor daar nie betaal word) waardeer of benodig nie, help dan eerder ander gemeenskappe met hierdie broodnodige dienste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.