Wet op Diensbillikheid: Solidariteit maak gereed vir enorme regstryd

Dr. Dirk Herman, bestuurshoof van Solidariteit. (Foto: Dirk Hermann/Facebook)

Solidariteit maak nou gereed vir “ ʼn enorme regstryd” oor die nuwe Wet op Diensbillikheid nadat pres. Cyril Ramaphosa dié wet Woensdag bekragtig het.

Solidariteit het reeds in Augustus verlede jaar aan die president geskryf en daarop gewys dat die wysigings aan dié wet ongrondwetlik is. Die vakbond sê hy het ook ʼn regsopinie verkry wat dit bevestig en dat Solidariteit voorleggings in hierdie verband aan die parlement gemaak het.

“Die president is dus bewus dat Solidariteit hof toe sou gaan as hy die wet sou teken. Hy het dit nou inderdaad gedoen en ons berei nou vir die hof voor,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, Woensdag gesê.

Solidariteit het voorheen daarop gewys dat die gewysigde wet nie net ongrondwetlik is nie, maar ook strydig is met ʼn vroeëre bevinding van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) wat daarop dui dat Suid-Afrika se rassewetgewing ongrondwetlik is en nie met internasionale norme en waardes strook nie.

Maroela Media het vroeër berig die wysigingswetsontwerp stel numeriese sektor-spesifieke indiensnemingsteikens om diegene wat steeds onderverteenwoordig in die werkplek is – swart mense, vroue en mense met gestremdhede – in diens te neem.

Volgens Solidariteit verleen hierdie wetgewing drakoniese rassemagte aan die minister. Solidariteit se regspan het derhalwe reeds begin voorberei vir litigasie en het aangedui dat hy sy hofstukke binnekort sal beteken.

“Die minister kan nou sentrale rassebeplanning op grond van eie diskresie doen. Dit sal die mees ingrypende rasmanipulerende wetgewing ter wêreld wees. Na verwagting sal die private sektor die voorbeeld van die staat moet volg. Private ondernemings sal staatsbestuurde rasse-ondernemings word,” sê Hermann.

“Hierdie wet, wat rasseteikens op sektore afdwing, sal rampspoedige gevolge vir ons ekonomie inhou. Nuwe definisies van “aangewese werkgewers” gaan klein ondernemings dwing om klein te bly en duisende werke kos.”

Hermann sê vir diegene wat gelukkig genoeg is om wel hul werk te behou, gaan dit enige bevorderingsmoontlikhede heeltemal stuit.

“Dit sal meebring dat die uittog van vaardighede na die buiteland net gaan versnel en Suid-Afrika se ekonomie – soos sy staatsdiens – gaan toenemend in ʼn spiraal van ondoeltreffendheid, inkrimping en dreigende ineenstorting vasgevang raak. Die staat se rasmalheid moet tot elke prys teengestaan word. Ons kan eenvoudig nie bekostig om dit nié te doen nie.”

“Sonder ingryping sal hierdie regering sy beleid van ondoeltreffende sentralisasie voortsit en selfs so ver gaan om die mensehulpbronfunksie in organisasies oor te neem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Pinoccio ·

My besigheid, my reëls. As die regering nie gelukkig is nie kan hulle hom teen marverwant koop en hom dan in die grond in bestuur…

Jean ·

Ek stem glad nie saam die nuwe wet nie, maar hulle sal jou seker ‘n boete gee as jy dit nie doen nie. So ja op die einde gaan mens dit seker moet doen, nes die besighede al klaar die BEE ding doen.

Leon ·

Die sogenaamde wet weet ek al van vir 68 jaar dit was nog altyd hulle primere doelwit en dit is om blankes en kleurlinge uit SA te dryf met klem op blankes

Alta Alleman ·

En dan soek die regering beleggers as hulle sulke wette wil maak?

Christo ·

Ek is moeg om te se ek is jammer ek is wit! Ek is moeg vir misdaad wat my dae sonder krag los! Ek is moeg vir korupsie en onbevoegdheid! Ek is moeg om te sien hoe my land afgebreek word! Ek is nie meer trots Suis Afrikaans! Ek skaam my vir my naaste!

Sonblom ·

As ek kon, sou ek nou die “ja” gesiggie sommer ‘n duisend keer gedruk het. Ek stem 200% saam met jou.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jy is nie die enigste wat so voel nie. Maar wat moet ons nou doen?

annie ·

Ramaphosa sit met groot probleme, vandaar sy stille- afwesigheid. Cyril wil soos Zuma persente uitdeel vir kieserstal en gewildheid. Werkloosheid mbv sekere ‘n hele paar miljoen uitlanders is deel van die kopseer en dan die sg vreeslike grondhonger. Hoe daai nuwe boere gaan regkom is nie nou sy worries nie, hy wil net eers die verkiesing wen en die Phala-kougom uit sy ‘hare’ kry.

Miskruier ·

Die laaste jaar het ek as kleinboer geen hulp ontvang om my heining aan die nasionale roete en onder die Eskom lyne2km skoon te kry vir brandgevaar nie. Ek koop nou self gif(herbicide) teen n ontsaglike prys, belasting ingesluit.

Althes ·

Ek glo in die Naam van Jesus, dat Solidariteit hierdie regsaak sal wen. Amen.
Saam sal ons bou, ophef en vir die nalatenskap van ons kinders en kleinkinders wie ñ reg het om in Suid-Afrika te woon en te werk deure oopmaak wat die vyand nooit weer sal kan toemaak nie, Amen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou kleinkinders sal wel padgee en elders ‘n toekoms bou vir hul kinders.

Danie ·

Wat sal uitsprake en bevele deur howe enigsins help die klomp steur hulle eenvoudig net aan niks.Daar is al hoeveel Hooggeregs bevele gemaak selfs die Pote steur hulle nie daaraan nie nou wat van die korruptes.?????

Harley Davidson ·

Ek kan nie glo dat ramaposa so laag kan daal nie ,geen wonder hy en Fw was sulke goeie vriende nie.

Kokerboom ·

Rook hulle Solidariteit! Dankie!Demokrasie is ‘n klug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.