Wiskunde-vraestel lek ure voor matriekeksamen uit

Argieffoto (Foto: Unsplash/Pixabay)

Die wiskunde 2-vraestel in die matriekeindeksamen het ure voor dit geskryf is, uitgelek.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement van basiese onderwys, het in ’n verklaring gesê die departement het verneem dat die vraestel Maandag vroegoggend, ure voor dit geskryf is, uitgelek het.

“Sover lyk dit asof die vraestel in Limpopo en Gauteng uitgelek het,” sê Mhlanga.

“Die departement het die inhoud van die uitgelekte vraestel geverifieer en gevind dat dit dieselfde inhoud bevat as die vraestel wat om 09:00 geskryf is.”

ʼn Taakspan is onmiddellik op die been gebring om ondersoek in te stel en sal binnekort ’n verslag bekendmaak. Die hulp van wetstoepassingsagentskappe gaan ook versoek word om met die ondersoek te help.

“Die departement sal hierdie saak volledig en deeglik ondersoek en leerders identifiseer wat moontlik toegang tot die vraestel gehad het.”

Die departement het ’n beroep op alle matrieks gedoen om gefokus te bly op die eksamenvraestelle wat nog geskryf moet word en die versekering gegee dat die skuldiges aan die pen sal ry.

Enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek, word versoek om die departement te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Rentia ·

Is dit nie elke jaar dieselfde verhaal nie? Taakspan wat “onmiddelik” ondersoek instel, niks uitrig en volgende jaar gebeur dit maar weer nie?

OW ·

Want daar was waardes en standaarde gewees wat ongelukkig in totaliteit afgeskaf is.

Rentia ·

Willem want jou agterent sou gebrand het dat jy weke lank letterlik nie sou kon sit nie! Toe het waardes, reg en verkeerd nog saakgemaak met goeie geleerdheid waarvoor jy self moes sorg.

Dup ·

Sjoe,maar sekere mense is skelm.Kan niks op ñ eerlike manier vermag nie.

Villie ·

Dan stel ons maar konsultante ten duurste aan wat wel die werk kan doen.

Baardman ·

As jy in n paar ure voor die tyd n hele vraestel kan memoriseer, dan is jy nogal goed. Dit sou my glad nie gehelp het nie. Nogtans, dis pateties. Seker weer geld betaal vir iemand om bietjie te help.

JohanR ·

2021…..2022….2023 en soe aan en soe aan – wiskunde-vraestel lek ure voor matriekeksamen uit. Mens gaap maar net groot as mens deesdae die berigte sien!

Pieter Rubeus ·

So die kinders is beter as die onderwysers om die vraestel beet te kry? En ja dit gebeur nog al die jare al van my tyd af was dit algemeen. So niks nuut nie. Volgende asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.