Withuis ook bekommerd oor SA se verhouding met Rusland

Pres. Joe Biden voor die Withuis (Foto: Mandel NGAN/AFP)

Die Withuis het Dinsdag gesê hy deel die kommer oor Suid-Afrika se verhouding met Rusland nadat wetgewers gevra het dat die land uit ʼn groot handelsverdrag geskors word.

Senior Amerikaanse Demokratiese én Republikeinse wetgewers het bevraagteken of Suid-Afrika deel moet bly van die Afrika-groei- en geleenthedewet – bekend as Agoa, wat belastingvrye toegang tot die wêreld se grootste ekonomie bied vir Afrikalande suid van die Sahara wat aan demokratiese kriteria voldoen.

“Ons deel die kommer oor Suid-Afrika se potensiële veiligheidsvennootskap met Rusland,” het Judd Devermont, die topamptenaar van die Withuis oor Afrika suid van die Sahara, aan verslaggewers gesê toe hy oor die wetgewers se brief gevra is.

“Die wet is baie duidelik oor wat ons sal volg, en dit sal nie vir Suid-Afrika verander nie.”

Molly Phee, die Staatsdepartement se topamptenaar oor Afrika suid van die Sahara, het gesê die VSA het “respek” vir Suid-Afrika se “langdurige beleid om nie kant te kies nie”.

“Dit is ons verwagting dat die Suid-Afrikaanse regering by daardie beleid sal hou wanneer hulle hierdie verskriklike konflik in Europa hanteer,” het sy gesê met verwysing na Rusland se inval in Oekraïne.

In die brief voer wetgewers, onder wie Mike McCaul, ʼn Republikein in die Amerikaanse komitee vir buitelandse sake, en Demokraat Chris Coons, aan dat Suid-Afrika moontlik Amerikaanse sanksies oortree het.

“Hierdie optrede deur Suid-Afrika bevraagteken sy geskiktheid vir handelsvoordele onder Agoa weens die statutêre vereiste dat begunstigde lande ‘nie betrokke raak by aktiwiteite wat die VSA se nasionale veiligheid of buitelandse beleidsbelange ondermyn nie’,” het hulle geskryf.

Die wetgewers het ook gevra dat ʼn komende Agoa-forum nie meer in Suid-Afrika plaasvind nie.

Pres. Joe Biden se administrasie het vroeër Agoa-voordele vir Ethiopië opgeskort weens kommer oor menseregte.

Die handelsverdrag as geheel eindig in 2025, met nog min planne vir enige opvolgverdrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Rooi rissie ·

Dis waar en ongelukkig gaan die onskuldige mense ook daardeur lei.

Hannes ·

Net ‘n regstelling, nie “SA se verhouding met Rusland” nie, die ANC het ‘n verhouding met Rusland. Toe ons dit veroordeel in die 70/80’s, toe stel Amerika sanksies teen SA in… Ironies

Hannes ·

Neewat, die ANC staan hier alleen, gaan kyk maar hoe “gewild” die ANC is vandag.

Cherokee ·

Wie teken tjeks vir SA, Hannes? Wie verteenwoordig SA in die wêrelddiplomasie?

Joe Olivier ·

Jy is reg Cherokee. En ongelukkig is die anc indirek in 1992 deur die meerheid blankes ingestem.

Di ·

Wonder wat hierdie einste lande wat so teen ons was, nou dink??? Wys my een Afrika land waar hulle met sukses regeer het, GEEN!

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikaners dink nie sovêr vooruit nie. Die naweek se rugby en die braai daarna is die vêrste wat gedink word.

Harley Davidson ·

Die Suid-Afrikaanse regime is ook skuldig aan menseregte oortredinge met hulle diskriminernde wette gebaseer op velkleur om minderhede te benaadeel.

Di ·

Verseker! Hulle weet hoe maklik hulle die klomp aan bewind ‘n rat voor die oe draai! Hulle gaan nog die land onder die ANC kom uitvat vir al die skuld wat die spul aangegaan het met China

KatjieDeKat ·

Ek kan nie sien hoe hulle moontlik erger kan wees as n ANC regering nie. Maybe if the Chinese take over, things will start Working again in this country? Ek weet nie maar wraggies ek kan nie sien hoe hulle erger kan aanjaag as die ANC nie, en ek glo ook nie hulle het n probleem met blankes nie. Hulle hou van hardwerkende effektiewe mense.

Republikein in die Wes Kaap ·

En korrupte politici en amptenare boet met hul lewens.

Cherokee ·

Menige kommentators in hierdie forum. Lees kommentare van Phutin se bewonderaars.

Gaitsigubib ·

Nee wat ek stem saam met Andrew. Die VSA en die demokrate het die pad byster geraak met hulle hele “Woke” agenda. Keur jy die goed goed wat nou daar by die withuis plaas gevind het? Ek is nie meer seker hoe jou waardestelsel lyk nie. Wat ek jou wel kan se, as ek moet kies tussen Putin en Biden gaan ek eerder die diktator kies wat se waardes soms met myne ooreenstem as die jakkals wat geen waardes het nie. Jy kan besluit wie is wie!

KatjieDeKat ·

Ek het nie tyd vir die ANC of EFF nie maar wel vir Rusland. Miljoen maal eerder Rusland as die absolute Sodom en Gomorra wat Amerika is. Amerika het ook al n miljoen maal meer pyn, dood en lyding veroorsaak met hul oorlogsugtigheid en houding van “Overlord of the planet”. Daarvoor gaan ek nie om verskoning vra nie.

Gaitsigubib ·

Se vir ons dan asseblief wat is die verskil tussen Joe Biden se Demokratiese party en Cyril se ANC. Albei is sosialisties, albei het oop grense, albei het restellende aksie, albei is korrup, albei le so ver links hulle gee nuwe betekenis aan komminusme. As jy my behoorlik kan antwoord sal ek vir ‘n week ‘n rooi pet dra. Moennie terughou nie!

Hans ·

Hoe “bedreig SA binnelandse veiligheid” fasistiese Vsa?
Waaroom is Vsa betrokke by streeksoorlog in Oekraïene, met wapentuig en soldate?

Robert ·

Gaan terug na die geskiedenis, net die rykes word ryker tydens oorlog. Follow the money.

Di ·

SA se verhouding met Rusland gaan vir hierdie land nog BAIE probleme veroorsaak. Wag totdat die sanksies teen SA in werking gestel word, dan sal die ANC spul die werklik gevolge van hulle dade voel. In apartheids tydperk was ons JARE afgesny van die res van die wereld en dinge was glad nie maklik nie.

minnie muis ·

nou kan hulle nie die wittes blameer nie , maar natuurlik sal hulle ou jan blameer , want die stemme moet gepaai word

CA ·

Amerika gebruik openlik hierdie soort handelsooreenkomste om sy “vriende” op hulle plek te hou. Hoog tyd dat ons ons na Rusland en China wend vir uitbou van handel en vriendskapsbande, en so ook ons ekonomiese vooruitsigte op ‘n baie meer gesonde basis plaas. Rusland is immers ‘n energie- en grondstof-reus.

Marthinus W ·

En Rusland en China se leiers kraak nie ander lande af in hulle toesprake nie. Hulle is beskaafd. Poetin praat altyd van “ons vriende” “ons vennote”; nie die drek wat Biden sy groep lewer nie. Rusland en China is positief; hulel bou brue en treinspore en dinge; Amerika en die EU wil net straf uitdeel.

Di ·

Ja hulle bou brue en treinspore maar teen ‘n PRYS! Hoeveel Afrika lande kan nie meer hulle “SKULD” aan China terug betaal nie. Gaan lees maar na or China se lenings aan ander land wat eintlik net ‘n “debt trapping” vir hierdie lande is

Republikein in die Wes Kaap ·

Afrikalande skuld die IMF en Wêreldbank ook baie geld.

Kobus ·

Regso, stel die voorbeeld, hou dadelik op om enige westerse produkte of dienste te gebruik, gaan hou vakansie daar, stuur jou kinders daar. Bob van Zim het ook jare terug dieselfde gedink en kyk hoe goed het dit met hul gegaan. Skryf weer oor n paar jaar oor die voorspoed wat jy beleef. Publiseer ook jou volle naam en almal wat soos jy dink, sodat die nare weste wanneer hulle begin met sanksies, ook Jul naampies op die lys kan voeg, saam met die ANC beleidmakers.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die meeste Amerikaanse en Duitse handelsmerke word in China vervaardig. Selfs in Rusland. Amerikaanse en Duitse fabrieke het verroes.

Gaitsigubib ·

Ons het baie dinge om ons self oor te bekommer. Die minse daarvan is die oorlog wat die VSA self veroorsaak het in Oos Europa. Die VSA weet dat sy dollar is in elk geval besig om in nuttelose papier te verander, maar hulle wil voorbrand maak sodat hulle ander daarvoor kan beskuldig. As ek hulle was het ek my eerder bekommer oor die obskure partytjies op die wit huis se grasperk en hul eie totale morele verval. …en nee die VSA is nie tans ons grootsle handelsvenoot nie. Hulle kan maar boikot as hulle wil. As hulle hul besigheid met al die brics lande wil staak sal hulle eers n paar oorlewings kursusse moet neem.

Republikein in die Wes Kaap ·

China speel ‘n langtermynspel waarvoor die VSA geen antwoord het nie. Die VSA se vlerke word nou geknip.

Marthinus W ·

Amerika voer tans ongeveer 23% van hul verrykte uraan van Rusland af in, ten spyte van die sanksies. Daarsonder sal groot dele van die land beurtkrag moet instel. Indien hulle ons kan dwing om voor hulle te buig, het hulle toegang tot ons uraan en ander minerale, en hulle het dan n ogie op Zimbabwe se litium.

Gaitsigubib ·

Korrek M, strategies is SA net so belangrik soos in 1652. Ons is steeds die hoof verbinding tussen Oos en Wes ( en intussen is waardevolle minirale ondek). Jy skiet n krekker in die Suez dan is hy weer toe. Hier is mense wat sowaar glo dat oorlog of boikots iets temake het met menselewens, n land word aangeval omdat iemand omgee oor die mense daar. Ek is bly daar is kommentators soos julle wat sinvol kommentaar lewer.

Johan ·

Die een land drink saam met die ander land agter die skerms. Vir ons vermaak is daar spanning tussen die twee.

Cherokee ·

Strooi. Ek het groot geword met die storie dat politieke partye partytjies hou agter die skerms en ter wille va vertoon mekaar vertoorn.
Ek weet dit is net so min die waarheid as dit wat jy nou kwytraak.

Gaitsigubib ·

As jy nie weet dat die ou KP n breinkind was van die NP nie dan dink ek het jy hierdie naam gekaap. Die broederbonders het saam gekonkel aan die nuwe SA maak nie saak of hul KP of NP was nie. In die obskure manneklubs was hulle hand om die blaas. Dis hoe konkelaars rol.

Cherokee ·

As jy my nog nie raakgelees het waar ek sê dat die KP ‘n breinbaba van die NP was nie, dan moet jy meer gereeld lees. Ek het meer as een keer gesê dat ek aan Oom Jaap Marais sowel as Ferdi Harzenberg op ‘n verhoog gesê het, dat die KP gestig is deur die NP om die Nee-stem te verdeel. Sover ek weet is ek ook die enigste een wat dit gesê het. Waarskynlik kaap jy nou my stelling.

Gaitsigubib ·

Dankie vir jou terugvoer, ek het PJ Pretorius se boek gelees (in 1997).

Marthinus W ·

As ek luister na mense wat 80-90 jaar oud is, dan is ons politiek vandag bra vervelig. Een ou, sy naam was Wiekie, se grootste plesier was om politieke vergaderings te ontwrig. En dan praat ons nie van die teer-en-veer manne nie.

Vanessa ·

Waarmee is die ANC besig. Ek sien GROOT moeilikheid kom. Let daarop dat SA nie deel is van die verhoudings nie, dis die ANC. Die DA sal moet ingryp voordat dit te laat is!!!!!

Gaitsigubib ·

Hahaha ou grapjas! Dit kon net sowel n ou HNP grappie gewees het!

Di ·

Die ANC KADERS sal eerder die land sien ondergaan as om hulle bande met Rusland te verbreek. Sal sien wat gebeur as die land ineenstort, chaos!

Gaitsigubib ·

As ons alle bande met Rusland breek gaan alles steeds in een stort, of dink jy nie so nie?

Anna-marie ·

The US instigated many coups and wars all over the world. Their actions are always given pleasant names in order to encourage public support.”Operation enduring freedom” was the virtuous name given to the unjust invasion of Afghanistan. “Operation Iraqi freedom” was the angelic title for the brutal invasion of Iraq. “Operation unified protector” was the fancy name for destruction of Libya. The guardians of the universe can do no wrong, since the always fight for “freedom and democracy”

Anna-marie ·

The US instigated many coups in recent history: 1893 Hawaii, 1933 Cuba, 1953 Iran, 154 Guatemala, 1960-1965 Congo, 1961 The Dominican Republic, 1964 Brazil, 1973 Chile, 1975 Australia, 1981-1990 Nicaragua, 2014 Ukraine.

Pieter ·

Die Withuis was ook maar bekommerd in die 80’s, so kry nou vir julle…

Christoffel ·

Net soos Rusland onwettig in Oekraine is, is VSA onwettig in Sirië. Waar is almal se onsteltenis oor VSA se onwettige okkupasie?

Gaitsigubib ·

Ek verstaan die VSA het 800 Militere basise in meer as 70 lande. In die meeste word hul teenwordigheid nie waardeer nie.

Keelvol ·

Julle moes geluister het, toe ons julle gewaarsku het. Maar toe weet Amerika, Europa, Kanada, Australië en nieu-Seeland mos van beter. Om nou te wil huil help niks.

Andrew ·

Daai lande is moreel vervalle en gaan almal self hoogs socialities word met al die 3de land immigrante wat soentoe gaan.

Eugene ·

Pres joe Biden. Ek stem vir jou. Jy sien probleme ver aankom, die ramp-phosa regering sien nie verder as hulle neuse nie.

Kobus ·

Vir al die pro Putin ondersteuners, alle ANC beleid, alle anti westers ondersteuners, voeg die daad by die woord en van vandag af hou op om enige westerse produkte of dienste te gebruik, koop eersder Russies, Chinese, NKoeraanse produkte, gaan hou daar vakansie(seker is goeie prose, veral aan die grens van Ukraine)., of stuur Jul bloedjes.Bob van Zim het jare terug ook beweer hy kan sonder weste met sanksies) ek daag julle uit, bewys hom verkeerd. Lekker groot bek as by skryf kom, wys my en hou op skynheilig te wees.

Josua ·

Mense, moet asb nie die USSR met die nuwe Rusland vergelyk nie, ja ons het baie troepe op ons grense ens verloor in die 80s juis omdat ons kommunisme in SA beveg het. As Rusland enigsins n gevaar sou inhou vir SA waarom het Trump met Putin samesprekings gehou toe hy nog president was, gaan kyk gerus op You tube dan sal julle sien wie werklik n gevaar vir ons tans inhou beslis nie Rusland of China nie maar die VSA onder BIDEN en sy “gang” Rusland het saam SA en Amerika in die tweede wereld oorlog teen Duitsland geveg toe was daar nie n probleem tussen die lande nie dit het slegs begin toe Rusland Kommunisties gedraai het Putin het daarvan weggebreek. Ja ons moet wakker wees maar op die stadium hoef Rusland of China net een van hul vliegdek skepe SA toe te stuur en hulle beheer SA dieselfde met die VSA. Biden en sy onderduimse beweging is besig om oorlog ooral in die wereld aan te blaas en hoe gouer hy verwyder kan word hoe beter insluitend die ANC.

Marthinus W ·

Met 9/11 was Poetin die eerste wereldleier wat Bush gebel en hulp aangebied het. Rusland het hul grondgebied beskikbaar gestel vir die Amerikaanse weermag; hulle het deur Rusland beweeg Afganistan toe. Rusland beleef meer terroriste-aanvalle as Amerika, en Poetin en Bush het op n stadium saamgewerk teen terrorisme. [Daar is n vermoede, wat ek nog nie kon bevestig nie, dat die verhouding tussen hulle versuur het nadat Rusland se satellietbeelde gewys het wie die 9/11-aanval gedoen het.]

Papsak ·

Ja se net dit vir my WAT SOEK SA SE MENSE BY RUSLAND niks met ons land uit te waai nie julle gasn nog duur betaal hiervoor julle ore mos toe

Herman L ·

Die VSA kan met reg gekritiseer word en ons regering het dit duidelik gestel dat hulle self hulle vriende sal kies. Wat hulle in gedagte moet hou is dat die VSA ook self hulle vriende kies en dit kan aansienlike negatiewe gevolge vir SA inhou wat waarskynlik nie deur die ANC se vriende goedgemaak sal word nie, behalwe miskien vir ‘n klompie kaders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.