Woede oor riller-rekeninge vir Tshwane-inwoners

(Foto: Facebook)

Terwyl die Tshwane-metroraad dreig om inwoners se dienste weens wanbetaling op te skort, kla talle Pretorianers oor die buitensporige rekeninge wat hulle die afgelope paar maande van die metro ontvang het.

Honderde inwoners het hulle die afgelope ruk uit frustrasie tot sosialemediaplatforms gewend om hul misnoeë met die situasie te kenne te gee. Huishoudelike verbruikers se rekeninge beloop in sommige gevalle glo tot R70 000. Talle inwoners se deposito’s by die metroraad is ook skielik verhoog. Baie inwoners wat voet by stuk hou dat hul rekeninge opbetaal is, het boonop aanmanings gekry dat hul dienste weens agterstallige skuld opgeskort gaan word.

Inwoners kla ook dat dit dikwels ʼn nagmerrie is om die probleem by ʼn munisipale kantoor uit te pluis en op te los.

Randall Williams, die DA se burgemeesterskandidaat in die Tshwane-metroraad, het gesê klagtes oor rekeninge stroom in.

“Dit volg terwyl die onregmatige ANC-administrateurs in Tshwane begin om die stad se nuwe begroting in werking te stel. Inwoners ontvang belaglik hoë rekeninge wat baie meer is as die meterlesings wat hulle ingedien het,” het Williams gesê.

(Foto: Facebook)

Williams sê soms is rekeninge nou tot tien keer meer as wat dit normaalweg beloop.

“Hulle kry nie antwoorde uit die stad se onregmatige ANC-administrateurs om hierdie probleme reg te stel nie, maar word gedreig dat hul krag afgesny gaan word.”

Volgens Williams betaal net sowat 30% van inwoners in hierdie stadium betyds hul rekeninge.

“As die stad versuim om akkurate rekeninge uit te stuur, sal dit waarskynlik vererger omdat inwoners gaan weier om die verregaande en verkeerde rekeninge te betaal. Dit gaan die reeds moeilike finansiële posisie waarin die administrateurs die stad geplaas het net verder vererger.”

(Foto: Facebook)

Die herrie oor die hoë rekeninge kom boonop terwyl dienslewering in die metroraad al hoe verder verswak. Vullisverwyderingsdienste is in ʼn stadium opgeskort en die stad werk steeds om die agterstand in te haal.

Die metroraad moes einde verlede maand boonop ʼn hofbevel kry om stakende Samwu-werkers te verhoed om amok in die stad te maak en ander niestakende werkers te intimideer.

Williams sê die stad se versuim om die huidige arbeidsonrus te pak het die stad se sleuteladministratiewe funksies lamgelê en inwoners aan die genade oorgelaat.

Mpho Nawa, die metroraad se administrateur, het die afgelope week gesê ondanks die raad se aansporingsprogram om inwoners te help om hul agterstallige skuld te vereffen, het min inwoners van die aanbod gebruik gemaak.

“Om kredietbeheer- en skuldinvorderingsmaatreëls te vermy, word inwoners aangemoedig om steeds hul munisipale rekeninge ten volle en betyds te vereffen,” het Nawa gesê.

Volgens Nawa het die ongekende verspreiding van Covid-19 ʼn verreikende uitwerking op mense gehad en is die stad bewus van talle inwoners se groot uitdaging om hul verpligting teenoor die munisipaliteit na te kom.

Nawa het gesê diegene wat sukkel om hul rekeninge te vereffen, kan ʼn versoek vir ʼn betalingsreëling na [email protected] stuur. Inwoners kan ook aansoek doen om betalingsverligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pieter ·

Melkkoeie is ons mense. Ek het ‘n rekening in my besit van ‘our people ‘ wat baie skuld maar daar mee wegkom/afgeskryf word. Munisipale werkers en amptenare kry salarisverhogings, maar ek nie. Laat die kaartehuis vou. Nuwe besem vee skoon.

marius ·

Afriforum moet dringend inspring met klas aksie interdikte .

Joe Olivier ·

Afriforum het verlede jaar al die ammunisie bymekaar gemaak om die stadsraad te beveg oor die onwettige vullisverwyderingsfooie, en toe kom afriforum nie na die oorlog.

Herman ·

Wat help dit. Ons het n hofsaak gewen oor die straatname. Die name is nog net wat dit was. Dit moes mos al vervang gewees het. Deel van die wetteloosheid en wanorde in ons land. ANC steur hulle nie aan wet en orde nie. PUNT

koos10 ·

Nie ‘n woord oor die foutiewe belaglike rekeninge van Tshwane nie, net betaal of tref reëlings.
Dit die vermeld te word dat Tshwane die werkers ‘n 6.2% salaris verhoging toe gestaan het, te midde ‘n tydperk waar nie eers staatsamptenare ‘n salaris verhoging gekry het nie en BAIE mense met verminderde inkomste of geen inkomste moet betaal.
Asblikke word nie af gehaal nie en baie mense sit sonder krag. Ons moet net almal vir een maand nie betaal nie, laat hulle dan self sien kom klaar. Begin deur jou erfbelasing op sy eie rekening te kry van jou water en ligte se rekening te kry en hou dan op om die te betaal.

Niklaas ·

Dis malligheid , maar ek moet eerder stil bly , want netnou tref hierdie waansin my dorp ook. Rekenings vir my het al redelik gestyg met sowat 40 % , maardis een vulletjie teen wat ons hierbo lees . Daar is net geen regverdigheid in hierdie verband nie . En ek vermoed dat “our people” nie deur so iets getref word nie.

Jurg ·

Algemeen ek sukkel nou al 6 maande om my rekening reg te kry. Rek moet op 23e betaal word wie kry daardie tyd van die maand geld as jy op 1e betaal word daar sommer R200 bygesit as boete. As daar krag is is daar nie water nie. Parke lyk absoluut chaoties. Geen dienslewering is aan die orde van die dag

Louise ·

Myne is darem nie SO hoog nie, maar dit was al laer; aan die anderkant dit is sowat 60% meer op my average

Louise ·

EN SO KOM ONS WEG DAARMEE…
Niemand gaan ondersoek instel nie.
Dink daai arme ou Tannie wat so rekening sien, wat nie OPGEWASSE teen die boelies is nie…

Martie Smartie ·

En Pretoria en Centurion se strate, sypaadjies en parke lyk vieslik. Die sypaadjies en oop areas in Centurion lyk soos varkhokke, en boonop lyk dit soos plakkerskampe soos die smouse (meestal Zimbabwiers) daar goed verkoop en snags daar slaap en vuurmaak. Ek het in 11 jaar in Centruion nog nie EEN keer gesien dat die stadsraad daar opruim of smouse se lisensies nagaan nie. Dis soos om in een groot varkhok te bly. En my rekening is klokslag op datum elke maand.

Estelle ·

Ek woon in Sonwrset Wes en het n rekening van oor die R100 000 gekry vir ons huis in Pretoria. Het emails gestuur, gebel, maar kry net nie terugvoer nie. Dan is hul toe, dan antwoord hulnie fone nie en dan strike hulle. Het voortgegaan om my normale rekening te betaal en toe is die krag so n week gelede afgesny. My huurder in die huis kon nie krag koop nie. Gelukkig kon hy dit gaan uitsorteer en hul het onderneem om die fout reg te stel. Ek het 2 x loodgieter laat uitgaan want die fout was op die water lesing net om seker te maak daar is niks wat lek nie. Ek weet van n iemand in Witbank wat al 2 jaar sonder krag is want hul weier om haar te help. Sy het n rekening van oor die R200 000 gekry en hul se sy moet eers betaal voor hul dit ondersoek. Sy kon nie, en het toe maar n gas geyser laat installeer en gebruik n krag opwekker.

Adam Adriaan ·

Daar is iets met die regering en sy ondergeskikte stadsrade se bestuur verkeerd. Erns is daar in skroef los. Die skroef wat los is het veroorsaak dat die wiele nou heeltemal afgeval het. Sal aanbeveel dat almal van hulle gaan vir psigiatriese toetse. Erns het hulle tydens ‘n partytjie by ‘n windmeul verbygeloop en almal is getref deur ‘n lekker klap. Sal nooit weer bykom nie.

Pieter ·

Ons blankes wil mos nie saam staan so die komuniste maak maar soos hulle wil

daarsdit ·

Dieselfde met ons gebeur, water gelek vir meer as 2 jaar en daar was glo nie nuwe meters nie, toe word die nuwe meter ingesit maar glo nie geregistreer nie. Ons rekening is amper R 80 000 en hulle se ons moet eers betaal en dan sal hulle kyk of dit kan reg gestel word en dit wat meer betaal is sal dan van die volgende rekening af gaan. Ons maar op gegee. Wie het R 80 000 om sommer net vir sommer te betaal.

Kokerboom ·

Liewe hemel dit moet NOU stop. Die kaders verwoes ons stad. Soos Marius versoek ons ASB Afriforum om in te gryp..DRINGEND

Strandloper ·

Wat rook hulle? Of is dit die norm om so verwaand onnosel te wees?

Henk ·

Ek is nie iemand wat as ‘n reël onwettige optrede voorstaan nie. Regeringsinstellings in Suid-Afrika het egter al male sonder tal bewys dat hul net aandag gee aan ‘n saak as daar onwettige betogings, opstande en ‘n bedreiging vir hul eie posisies en sakke is. ‘n Inkomstebelastingboikot sal nie werk nie omdat die meeste van ons salaristrekkers is en die belasting deur die werkgewer as agent van die regering afgetrek word nog voordat ons die salaris ontvang het. ‘n Wyd-ondersteunde dienstegelde- en munisipale belastingboikot kan dalk egter die gewenste uitwerking hê mits ons bereid is om vir ‘n ruk lank saam te leef met die pyn en ongerief wat daarmee gepaard kan gaan.

Kerneels ·

Is daar ‘n manier waarop ons as ‘n groep ‘n “refund” kan eis vir dienste wat nie gelewer is nie? Ons asblikke is nou al vir 2 weke nie leeg gemaak nie.

Herman ·

Ek het ook die maand n finale aanmaning ontvang oor erfbelasting wat agterstallig is. ons het die jaar nog nooit n rekening ontvang nie. Dus besluit ons om die normale erfbelasting te betaal wat ons ander maande btaal het. Net om agter te kom dat die erf belasting op gegaan het sonder enige kennis gewing waarvan ek bewus was. Nou probeer ons inteken op e- tswane wat ons bly uitgooi. Hoe moet ek nou weet wat is my erfbelasting? Intussen strike almal maar ek moet bly betaal vir dienste. en ek moet iemand anders betaal om my vullis te verwyder.
Wanneer indien ooit gaan ons mense op straat bymekaar staan. Met die DA aan bewind in Pretoria het dit volgens my nie beter gegaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.