Woedende inwoners verwilder waterminister

Polisiebeamptes moes Senzu Mchunu, minister van water en sanitasie, inderhaas na veiligheid neem. (Foto: Bernard Chiguvare/GroundUp)

Deur Bernard Chiguvare, GroundIp

Polisiebeamptes moes Senzo Mchunu, minister van water en sanitasie, inderhaas na veiligheid neem nadat ʼn skare inwoners woedend op sy besoek aan Musina in Limpopo gereageer het. Mchunu het die gemeenskap Vrydag besoek om oor die voortslepende wateronderbrekings te vergader.

Sommige inwoners het egter gemeen die minister se besoek is blote stemwerwery. Inwoner Nora Ndlovu het die minister hiervan beskuldig, met die skare wat haar luidkeels toegejuig het. Mchunu het die aantyging ontken en die vergadering is afgesluit. Inwoners was egter allermins tevrede.

GroundUp het in 2022 al berig oor sogenaamde waterbetogings op die dorp. In Maart verlede jaar was daar weer berigte oor inwoners wat ʼn vergadering tussen die destydse adjunkminister van water en sanitasie, die Musina-munisipaliteit en die Vhembe-distriksmunisipaliteit – wat verantwoordelik is vir die voorsiening van water – ingevaar het.

Musina gaan steeds gebuk onder wateronderbrekings en inwoners sê weinig het sedertdien verbeter.

Sondag het die distriksmunisipaliteit aangekondig dat water van 09:00 tot 15:00 afgeskakel gaan word, en Maandag wéér op hierdie tye, sodat herstelwerk aan boorgate gedoen kan word.

Verlede week het Mchunu en sy Zimbabwiese eweknie ʼn ooreenkoms onderteken waarvolgens Musina van 2026 af behandelde water van Zimbabwe se Beitbrug-waterwerke sal ontvang. Volgens die minister is dit een van die langtermynoplossings vir die waterkrisis op Musina.

Sommige inwoners bly egter skepties.

“Dit is net ʼn rookskerm. Ons weet vir ʼn feit dat die ooreenkoms aangegaan is vir die Musina Makhado- spesiale ekonomiese sone-projek om water te kry,” sê Sewani Kaunda.

Mchunu, wat sowat twee uur lank teenwoordig was voordat hy weggeneem is, het inwoners om verskoning gevra vir die gebrek aan vordering. Hy sê drie nuwe damme gaan gebou word, twee tussen Musina en Makhado en ʼn derde op die Mutalerivier.

Die huidige verskaffing aan die dorp staan op 17 megaliter per dag, pleks van die 23 megaliter wat benodig word. Uit die 51 boorgate wat water aan die Musina-munisipaliteit moet lewer, is net 23 egter in werkende toestand.

Talle inwoners van die dorp eis ook dat die plaaslike munisipaliteit verantwoordelik vir water by die distriksmunisipaliteit – wat hulle al jare lank in die steek laat – oorneem. Mchunu sê die departement van samewerkende regering en tradisionele sake moet egter hieroor besluit.

  • Hierdie berig is oorspronklik op GroundUp geplaas en word met vergunning gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Steyn ·

Hoe weet ons dat Zim se water suiwerings aanleg diensbaar is in elk geval, en hoe lank gaan dit vat om pyppe te le van daar tot Messina? Nee wat, hulle speel net vir tyd met lee beloftes en die massas glo dit

Ore ·

En kom stemtyd stem julle weer vir die ANC want julle president kom uit Limpopo uit. Dienslewering is dan laaste op julle lys van prioriteite.

Sanet ·

En dit is die mense wat julle voor gestem het!!!! Die hele regering is korrup met geen dienslewering vir die land se mense nie!!!! Hoe lank gaan die landsburgers hierdie duld???? Diefstal, korrupsie, bedrog ens…. ens….

Danie ·

En so maak die uitlanders hulle stemme dik oor SA se waterprobleme.
Asof dit beter gaan in Zim of Moz of die plekke waarvandaan hulle stroom.

Republikein in die Wes Kaap ·

Behandelde water van Zimbawe. Hier kom siektes. Maar Nora sal weer ANC stem.

Papsak ·

Ja goeie vraag hoe lank nog moet lands burgers hierdie gemors duld hierdie regering is korrupt regtig hulle kyk net mooi na niks nie gee ook nie n flenter om of daar dienste gelewer word nie klaar ?????

RS ·

Dis eintlik so n grap…maar terselfde tyd wys dit jou dat die mense vir wie hulle gestem het doen nie hulle werk nie.

George ·

More word daar weer n kospakkie gegooi saam n tshirt, en die ANC is weer vergewe.

Cassie Carstens ·

2026??? Maar doe probleem is nou. Ek dink die water is bedoel vir die sone-projek en hulle kondig dit nou net aan om stemme te werf. Maar die mense sien dwarsdeur hulle omdat hulle NOU waterprobleme het.

Pieter ·

En komende 29 Mei is julle te lafhartig om te admit dat julle verkeerd was.! Kom nou en doen bietjie die regte ding en raak ontslae van die CancER

Pieter ·

Performance bonus is mos altyd daar, thats why… Why get pay if you don’t work/perform?

kragaap ·

SA moet water by Zim koop ? Wat ‘n grap. Is die nou cross border corruption ?

Bolandse Nooi ·

Nee, nee, nee ………… julle wat voorheen ANC gestem het moenie kla nie! Slaap op die bed wat julle opgemaak het. Dis net jammer van die arme mense wat NIE vir die onbeholpene spul diewe gestem het nie, óók onder die toestande in die land moet ly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.