WVF verslap bepalings tydens afsonderingstydperk

(Foto: pixabay)

Die departement van arbeid het bepalings rakende die uitbetaal van werkloosheidsversekeringseise tydens die staat van algehele afsondering verslap om kontak tussen mense te verminder.

Eise sal slegs in hierdie tyd sonder stawende dokumente betaal word aan diegene wat reeds betalings van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) ontvang.

Dit word gewoonlik van mense verwag om persoonlik na arbeidsentrums te gaan waar hulle ʼn vorm moet onderteken wat dien as ʼn bewys dat die persoon steeds werkloos is.

Om beweging van mense en kontak tussen hulle te beperk, sal mense nou ʼn SMS ontvang waarin hulle hul werkstatus en bankbesonderhede moet bevestig, het Lungelo Mkamba, woordvoerder van die departement, gesê. Die SMS-funksionaliteit sal net vir die duur van die algehele afsondering aktief wees.

Aansoeke vir nuwe – maar gewone – WVF-eise soos vir werkloosheid, siekte of aanneming moet per e-pos of faks gestuur word.

Aansoeke kan ook aanlyn by www.uFiling.co.za ingedien word. Die gids vir die elektroniese indien van eise is by www.labour.gov.za beskikbaar.

Werkgewers wat nie hul werkers tydens die afsonderingstydperk ten volle kan betaal nie, kan by die departement aansoek doen vir hulp ingevolge die sogenaamde Temporary Employer-Employee Relief Scheme-voordeel (Covid-19 TERS). Dié voordeel betaal ʼn gedeelte van die salarisse van werkers by ondernemings wat tydelik moet sluit.

Werkgewers moet hul aansoeke stuur na [email protected] en navraag daaroor kan Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 17:00 by 0800 030 007 gedoen word.

 E-pos-adresse vir die indien van gewone WVF-aansoeke:

 Gauteng
[email protected]
[email protected]
[email protected]

[email protected]

KwaZulu-Natal
[email protected]

[email protected]

Oos-Kaap
[email protected]

Wes-Kaap
[email protected]
[email protected]

Noordwes
[email protected]

Limpopo
[email protected]

Mpumalanga
[email protected]

Vrystaat
[email protected]

Oos-Kaap
[email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gawie ·

Ek verstaan nie mooi nie – ekself het onlang nog WVF betalings ontvang nadat ek laasjaar my werk verloor het. Ek was nog nie eenkeer naby ‘n WVF kantoor nie en het al my transaksies aanlyn op die uFiling gedoen.

Lizelle ·

Ja Gawie, want jy het online aansoek gedoen. Nie almal het rekenaars en kan online aansoek doen nie en moet dus nog die kantore besoek

henndrik ·

Die manier hoe die goed werk MOET verander, die staat kan baie beter diens verskaf as nou. Ek is seker daar is tegnologie wat sekuriteit kan verbeter om onwettige betalings te stop

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.