Wydverspreide sneeu vandeesweek verwag

Foto: Snow Report

Foto: Snow Report

Dit is dalk nog bietjie te vroeg om jou winterklere weg te pak, aangesien Snow Report pas bevestig het nog sneeu word vandeesweek verwag.

Volgens Snow Report sal ʼn kouefront die Wes-Kaap teen laat Dinsdag of vroeg Woensdagoggend tref. Sneeu word vir Woensdagmiddag oor sentrale dele van die Wes-Kaap voorspel. “Tot en met 10cm sneeu word verwag op sekere bergreeksie in die Wes-Kaap, waaronder Matroosberg,” berig Snow Report.

Die kouefront sal Woensdagaand na die Noord-Kaap beweeg. Sneeu word ook in die suidelike deel van die provinsie verwag. Groot gedeeltes van die Oos-Kaap en Lesotho kan ook Donderdag en Vrydag sneeu te wagte wees, waarna die kouefront die noord-oostelike dele van die land gaan tref.

Volgens Snow Report word daar nie sneeu in KwaZulu-Natal voorspel nie, weens ʼn tekort aan vogtigheid. Sneeu word ook nie vir die ander provinsies voorspel nie, alhoewel koue weerstoestande verwag kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ilona ·

Urgh…. Come on summer, come on, come on…. Mother nature is suffering from PMS

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.