Wykvoorsitter koelbloedig buite huis doodgeskiet

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem nadat Thulani Nxumalo, ANC-voorsitter van wyk 12 in die eThekwini-gebied in KwaZulu-Natal, Maandagaand buite sy huis doodgeskiet is nie.

Die ANC het Nxumalo se dood Dinsdag in ʼn verklaring bevestig. “Hy is doodgeskiet toe hy by die huis gekom het ná ʼn vergadering van die tak se uitvoerende komitee. Hoewel die omstandighede rakende sy moord nog skraps is, wil dit voorkom asof Nxumalo se aanvallers rondom sy huis geskuil het en hom by sy aankoms verskeie kere geskiet het,” lui die verklaring.

Die party het gesê hy is “geskok en woedend” oor Nxumalo se “brutale, gevoellose en koelbloedige” moord. Die party het ʼn beroep op die polisie gedoen om die skuldiges vinnig vas te trek.

Tot 10 vooraanstaande ANC-lede is vanjaar in KwaZulu-Natal vermoor.

Nxumalo was ook ʼn lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in die KwaNdengezi- informele nedersetting in die weste van Durban.

Mdumiseni Ntuli, provinsiale sekretaris van die ANC, het hulde gebring aan Nxumalo wat “tot in sy laaste oomblikke hom beywer het vir ʼn beter lewe vir ons mense”. Ntuli het namens die party sy opregte medelye met Nxumalo se familie, kollegas en vriende betuig.

“Ons verseker hulle dat ons saam met hulle is in hierdie tyd van rou. Ons deel dieselfde gevoel van verlies. Die ANC bly aan hul sy in hierdie moeilike tyd.”

ʼn Polisiewoordvoerder het bevestig ʼn saak van moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jerry ·

Dit is nou maar hoe dit in die land van die gieriges werk. Die een wat in die stoel is vreet alles op en sy opvolger doen weer presies dieselfde! It is a never ending story!

Cherokee ·

Hulle is ‘geskok en woedend’ daaroor. Hulle sê nie of hulle sowat 50 keer per dag geskok en woedend is nie.

Stef ·

‘n Politikus in KZN se kanse op oorleweing begin grens aan ‘n Boer sin. Galasiers 5:19-21 raak almeer relevant

ACJ ·

Hulle roei die plaasboere uit en terselfdertyd hulle self ook, Genade

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.