Zambië maan burgers in SA om op hoede te wees ná aanvalle

‘n Winkel in die Pretoriase middestad gedurende die onluste verlede week. (Foto: ANA)

Die Zambiese hoë kommissaris in Pretoria het dié land se burgers hier gemaan om ekstra versigtig te wees te midde van wydverspreide aanvalle op veral buitelanders se sakeondernemings. Talle van dié winkels is die afgelope ruk geplunder.

Naomi Nyawali, verbonde aan die kommissie, het Zambiese burgers in ʼn verklaring gewaarsku om bekende brandpunte te vermy.

Dít volg nadat ʼn Zambiese burger Maandag in Germiston aan die Oos-Rand deur ʼn groep mense oorval en met ʼn skerp voorwerp in die voorkop gesteek is.

Luidens die verklaring was Daniel Lupiua (33) op pad huis toe nadat hy ʼn familielid by ʼn skool gaan aflaai het. Hy is in ʼn sogenaamde plaaslike dialek gegroet. Lupiua kon egter nie teruggroet nie en is daarna aangeval.

Volgens Nyawali het die groep Lupiua vir dood agtergelaat, maar hy is later na ʼn hospitaal in die omgewing gehaas vir mediese behandeling. Hy is tans in ʼn bestendige toestand.

Lupiua kuier die afgelope twee maande by sy broer in Suid-Afrika.

“Die aanranders se motief vir die wrede aanval is nog nie vasgestel nie, maar daar word vermoed dat hy aangeval is weens die huidige vlaag van gewelddadige aanvalle op buitelanders in Suid-Afrika,” het Nyawali gesê.

Maroela Media het vroeër berig meer as 100 mense is die afgelope twee dae in hegtenis geneem ná verskeie voorvalle van geweld landswyd.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Melanie ·

Indien ek in ‘n vreemde land so aangeval word, sou ek dadelik pad gee. Niemand wil so leef nie. Maar Zuma het mos vir die hele Afrika hiernatoe genooi met die belofte van ‘n beter lewe. Nou besef ons volk dat hulle nog minder kans het op ‘n beter lewe in die land van hulle geboorte.

Willehond ·

Waarsku jou mense! Dis reg! Hierdie “Kanaan” is besig om erg vinnig te verander in die hel van afrika! Almal loop lig hier en ek dink dis veiliger in jou eie land.

Arno Scheepers ·

Zambië, maan liewers julle Burger’s om huistoe te gaan…..daar waar hulle hoort.

Jimmy ·

Wie gaan dan al die slote grawe, sement aanmaak, tuine bewerk, karre was?

Pottie ·

Stem arno die klomp van zimbabwe moet ook sommer gaan want ons moet hulle ook nog onderhou

JohanR ·

Ek sidder om te dink as swart Suid Afrikaners hierdie goed aan hulle eie swart broers en sisters van Afrika doen, wat kan gebeure as hulle die oe begin draai op blankes, of miskien net blanke Afrikaners. Ons het al die gemors gehoor wat die EFF en BLF kwyt raak oor blankes, en vandaar vat dit net ‘n vonk.

Petrus ·

My vrees ook Johan. Afrikaners het rede om baie bekommerd te wees. Ons het nie vriende nie. Die staat sal ons nie beskerm nie.

Buitelander ·

Wanneer besluit hulle “ons” is ook buitelanders. Het mos hulle land kom oorvat onthou julle ????

RLN ·

Jimmy jy moet dit maar self dien…hier in NZ doen ons dit self…want dit is te duur om iemand te huur.

Jimmy ·

RLN, dis hoekom baie van ons nog steeds hier bly. Die lewe is net te gerieflik.

Marius ·

Hulle dink glad nie hulle moet nie wonder hoekom gaan alle SA mense uit Zambia en Nigerie verban word en daar gaan nog lande volg. Dankie julle weet wie julle is julle sal van die res van Afrika verban word deur julle optrede Nigerie het klaar weer gister gese as julle ons mense aanval sal alle besighede van SA wat daar besigheid doen uitgegooi word.

Deon ·

Hierdie gebeure gaan nog lei tot ‘n streeksoorlog. Dan is ons almal “sitting ducks.”

Bert ·

Nee Deon, ons kan nie sitting ducks wees nie, ons het mos ‘n uitsonderlik goed opgeleide en gedissiplineerde weermag en polisiemag!
Nee man, ek laat dit in hul bekwame hande.

Duifie ·

Gister aand op TV nuus het ‘n buitelander gevra hoekom word wittes nie ook aan geval nie. Ek is nie n buitelander nie!!! Ek is hier gebore en groot geword.

Kerneels ·

Dink jy nog steeds jy word as plaaslik beskou en dat die plaaslikes jou as een van hulle gaan hanteer. Word wakker.

Anel ·

Kerneels, gister toe ek wou ry, kom ‘n swart man wat onder in ons straat bly by my en waarsku my om nie stad toe te gaan. Ek ken hom nie eens nie. Ek was nie oppad stad toe nie, maar ek het dit nog steeds waardeer. Probleem is nie tussen ons gewone burgers nie maar politisie en sekere jonges. Net my mening.

Gert van Wierdapark ·

Interessante woord spring van die ambassadeur dat die burgers bekende “brandpunte” moet very!!! Skynbaar word buitelanders vir kabouters aangesien, want hulle vat nie … van kabouters nie!

Suzette Geringer ·

Die moordenaars in hierdie land het nie ‘n motief nie – dit is vir hulle pure plesier om iemand anders te martel en te vermoor. Hulle voel ‘n veer vir hulle eie bloed so hoekom sal hulle een duit omgee vir ‘n ander mens of dier….

Willie ·

JohanR dan is daar n ordentlikke burger oorlog… moet nie die Afrikaner onderskat nie.. ek sal nie dat my mede Afrikaner voor my vermoor word nie…

joe ·

MAAR Juliaaaas se mos grense moet oop wees….nou weet ons sodat ander lande se mense hier besighede kan oopmaak net om deur SA se lui mense geplunder te word, so skep Juliaaas mos werk vir SY mense

Jimmy ·

Dit is tyd vir die westelike gedeelte van die land om af te stig soos voorgestel deur die VVA.

willem Botha ·

Die woord wat julle soek en wat die oneerlike regering vermy is xenofobie en dit gaan eskaleer tot n oorlog indien die onwettige immigrante nie sa verlaat nie.

marous ·

Die buurlande behoort al hierdie mishoop se ambassadeurs op ‘n trok te laai en terug te stuur ….. in die nag .

HPV ·

Nou toe nou! En daar word ander Afrika lande nou veiliger as die hool, is nie eers verbaas nie. Kyk byvoorbeeld na Botswana, ‘n bonus sy geldeenheid is ook sterker as die hool s’n.

Foxi ·

Die nuus vertel net opsigtelike dinge, maar die werklikheid word verbloem……

koos ·

Hoor ek mos op die nuus dat Nigerie vir die SA regering vra om op te tree.
Goeie plan, stuur alle onwetige uitlanders en almal met ‘n kriminele rekord terug na hul geboorte land en maak ons grense weer veilig.

Jip, en terwyl dit alles aangaan, waar is ons agbare president? Hy probeer die wêreld vertel by die G6 om in land te belê! Hy is ‘n besigheids man. Hy behoort te weet jy belê nie in ‘n bankrot besigheid nie.

Wielspore ·

SA dra ekonomies swaar aan Afrika buitelanders wat hier is om ons sosiale stelsel leeg te suig. Hierdie mense lewer geen bydrae tot inkomste vir die staat. Hier in ons omgewing is heelwat Mosambiekers wat oor die grens kom en duur mediese prosedures ondergaan net om weer terug te keer na sy eie land wat nie oor die dienste beskik. Hulle kry medikasie, gaan terug na hlle land toe en kom haal net weer medikasie, geen koste.

Koos de Meyer. ·

Ons gaan definitief nie sitting ducs wees nie. Pottie ek stem saam met jou. Dans gaan hulle dans. Ons moet net paraat wees. In Zambië mag hulle nie na 10 uur in die aand op straat loop nie. Daar staan hulle ook nie en betel op straat hoeke nie.

Blommekind ·

Koos waar kom jy aan jou inligting? Ons bly al die afgelope 15 jaar in Zambie, en natuurlik is daar nie ‘n tyd wat jy nie op straat mag wees nie. Maar anders as in SA speel ons kinders nog 10 uur in die aand buite in die straat. Ons is nog altyd met net respek in die land behandel. Nie al die buitelanders in SA is onwetig daar nie. Ek weet van Zambiers wat groot besigheid doen in SA maar eerder terug gekom het weens veiligheids redes.

KrokodilBotha ·

So ons kan nou met n ope hart se die Demokratiese Alliansie het gefaal in Pretoria , Johannesburg ensv ensv met hulle EEN SUID AFRIKA VIR ALMAL. Kan n DA ondersteuner asseblief verduidelik .

Kerneels ·

Pretoria en Johannesburg het gefaal lank voordat die DA in beheer was. Die ANC laat ‘n spoor van verwoesting agter.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.