Zim-pastoor bied R2 m aan vir ‘Bybelvers-uitdaging’

Pastoor Passion Java. (Foto: Instagram/Prophet Passion)

Passion Java, ʼn omstrede Zimbabwiese pastoor en entrepreneur, bied prysgeld van R2 miljoen aan vir Suid-Afrikaanse jongelinge wat deelneem aan ʼn Bybelvers-uitdaging.

Die 34-jarige Java wat na homself as profeet verwys en wie se regte naam Panganai Java is, het vroeër vandeesmaand opslae gemaak toe hy ʼn restaurantrekening van R1,3 miljoen tydens ʼn vriend se verjaardagviering in Pretoria betaal het.

Java is onder meer uitvoerende hoof van die Kingdom Embassy Church en stigter van die platemaatskappy Passion Java Records.

Die Bybelvers-uitdaging sal volgens hom jong mense uitdaag om tien vrae oor hulle kennis van die Bybel te beantwoord. Elke korrekte antwoord is glo R50 000 werd.

Java het op Instagram gesê hy daag ook bekende musikante soos Cassper Nyovest, AKA, Maphorisa en Master KG, wat bekend is vir die trefferlied “Jerusalema”, uit om aan dié uitdaging deel te neem.

In die Instagram-video word hy voor ʼn hotel by Emperor’s Palace in Kempton Park gesien met ʼn stapel R200-note wat hy as die prysgeld vir die uitdaging aanbied.

Boss Lashaan, Java se woordvoerder, het aan News24 gesê dit het die profeet “se hart gebreek” om ná verskeie besoeke aan Suid-Afrika te sien hoeveel jong mense op straat ʼn “onchristelike leefstyl” handhaaf.

“Dit was nog altyd Java se plan om die land te help waar hy kan, sy span was net nie seker hoe nie. Die Here het egter ons oë oopgemaak met nuwe moontlikhede om diegene te help om hulle leefstyl te verander. Almal kort ʼn bietjie geld, en as ons daardie voertuig deur God kan wees, dan sal ons doen wat ons kan om ander se lewens te verander,” het Lashaan gesê.

Wat presies die uitdaging gaan behels, is onduidelik, maar dit sal glo in Februarie in Johannesburg plaasvind.

Meer besonderhede oor waar presies die uitdaging gaan plaasvind is ook nog nie bekend nie, maar dit gaan glo regstreeks op Instagram te sien wees vir Java se byna 830 000 volgelinge op dié sosialemediaplatform.

Dit is op sy Instagram-rekening duidelik dat Java ’n lewe van weelde leef en hy spog gereeld met peperduur motors, stapels geldnote en ontwerpersklere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Twallie ·

Kan nie glo mense word deesdae nog deur hierdie “profete” gevang en hou aan vir hulle geld gee nie. Selfs as die “profeet” so luuks lewe en hul aanhangers sukkel om kos op die tafel te sit nie.

Belaglik.

Dup ·

Dit gaan goed met die pastoor;hy drink seker ook net Java koffie.Ek wonder wat sê sy lidmate oor al sy manewales.Hy het seker ñ paar vet tenders by die Zim regering ook losgebid.En dit terwyl mense in sy land ñ sukkelbestaan voer.Tipiese Afrika kultuur.

anniekiewiet ·

Dit kom nie net in Afrika voor nie, ander westerse lande het ook sg pastore wat hul lidmate op n hengse dwaalspoor lei, tot voordeel van n luukse lewe.

Pieter ·

Hy het seker vir ou mugabe gebid en die het in dollars betaal.

JohanR ·

Soe moeg, siek sat en dik vir pastoors! In Engels sou mens se “they give religion and faith a bad name!”

Mariana ·

Waar kom sy miljoene vandaan? Plaas hy dit spandeer op sy eie land se mense wat krepeer van ellende. Wie is hy regtig en hoekom wil hy spesifiek SA jongmense met hierdie kompetisie lok

JohanR ·

Of dit waar is weet ek nie, maar ek het iewers gehoor dat die dag na Paas Naweek is die banke in Polokwane net daar om die geld te tel daar van Zion. Seker omdat die “pastoor” Paas Naweek 2020 en 2021 soe baie gemis het……die geld!

anniekiewiet ·

Dit het al dekades gelede begin toe besoekers/lidmate/lede van daai Zioniste kerk elkeen R1 moes betaal om die Paasnaweek daar by te woon. Daardie duisende R1de het 2 dae gevat om getel te word. Daar was toe nog nie skale en rekenaars nie. Later was dit R10 elk. Ek weet nie wat hul toegang vandag is nie.

Daniel ·

Interessant dat hy besorg is oor die feit dat jong mense ‘n onchristelike lewe lei maar soveel geld gee vir drank.
Hoe vereenselwig hy die drankverbruik met ‘n christelike lewensstyl?

anniekiewiet ·

Christene mag tog seker n dankie geniet. Dis drankMisbruik waarteen ons is.

Andrew ·

Sy einde gaan kom, onthou wat met die profeet TB Joshua gebeur het

Renier johannes ·

As hy gewerk het vir daai geld sal hy nie so maklik uit deel nie

Patch ·

Eerstens is Emperors Palace nie in Sandton nie MM…

Dis nou wat ek noem ‘n vals profeet en hy dien duidelik vir mammon. Wonder hoeveel van die geld het hy uitgedobbel by Emperors.

Megan Swart ·

Dagsê Patch
Ons vra om verskoning vir die verwarring. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Misky ·

Gaan terug Zim toe en wees besorgd en kry jou eie mense jammer. Dink hulle veel slegter af as ons.

Di ·

Baie van hierdie kastige “Pastore/Profete” is net ‘n “eyeblind”. Kyk maar hoeveel van hulle het al “our people” om die bos gelei en miljoeners uit hulle geword. “Bid” vir dooies wat lewendig word en en . . . . . . . . Kyk maar vir Shepherd Bushiri. Word skatryk uit korrupsie niks ander nie. Hoekom gaan help hierdie spul nie mense in hulle eie lande waar daar NIKS oor is, meeste sit sonder werk of kos. Baie Nigeriers rig kerke hier op wat ook net ‘n “eyeblind” is. Hulle verkoop dwelms aan duisende en word skatryk daaruit.

Gerra ·

Geld is sy god. En so trek hy ander ook af in die duistere dieptes…..

Marius ·

Die self aangestelde profeet kan gerus Psalm 49 verse 17 tot 21 by sy kompetisie inskryf.

Hendrik ·

Ons predikant met sy salaris en byvoordele sal dit ook maklik kan doen. Sy lewe hang aan n draadjie. Hier in die nuwe SA Reenboogland gaan dit rof.

Nick ·

Soos die regering met die kredietwet ‘gullible’ Suid Afrikaners probeer beskerm behoort daar ook gekyk word na hierdie ‘profete’ en sangomas wat onwaarhede en valshede verkondig. Die ‘gullible’ moet beskerm word en die mense wat hulle uitbuit moet aan bande gele’ word.

Frederik C ·

Ek glo hierdie ” profeet ” kan betrokke wees by die opblaas van kitsbanke en geldwaens. Indien hy nie persoonlik betrokke is by die misdade nie, verskaf hy minstens die plofstof. Hou hom maar dop. Wat soek hy in elk geval in Suid Sfrika ??

Johann ·

En the people hardloop in hulle ongeskoolde desperate massas agter die fals profeet aan. Niks nuuts in Afrika nie. Verbysterend om te dink die bron van die absurde duur afwys lewens styl nie bevraagteken word nie?

Johann ·

Die onderskrif in Afrikaans by die foto van 2022 YEAR OF MONEY…lees Jar, met een a. Of is dit juis korrek vanuit die Afrika perspektief…Des dih jar vanni tjelete.

Megan Swart ·

Dagsê Johann
Ons vra om verskoning vir die flater. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Vonkprop ·

Ag moeder! Hierdie is alles net aardse goed. Ek het ook vinnige karre en ‘n ryk lewe begeer totdat ek besef het dat wat ek het is genoeg en ek kort niks meer nie. Iemand wat mag en geld gewoond is gaan nie so tekere nie. Kyk maar na sekere sakemense. Al hoekom ons weet dat hulle ryk is, is omdat dit in die sakewêreld genoem word, anders lewe hulle stil rustige lewens. Aan die ander kant kry jy nou die outjies soos die ene wat tog net vir die wêreld elke 5 minute wil wys dat hy vyf R200 note het en ‘n pappegaai-geel kar ry. Geld verander nie wie jy is nie, dit onthul wie jy is.

Pietertjie ·

Om te dink dis sy gemeentelede se tiendes wat hy so verkwansel. Ek wonder of hulle dit ooit besef.

Rassie ·

Suid-Afrikaners makliker om uit te buit as Zimbabwe se mense…

Julia ·

Van stof is hy gemaak en tot stof sal hy terugkeer met NIKS. geen geld, geen karre, geen huise geen niks, om tereg te staan voor ‘n onomkoopbare Regter. “Vreeslik is dit om te val in die hande van die Lewende God”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.