Zuma ‘bereid’ om as ANC-voorsitter te staan

pres-jacob-zuma-anc-beleidskonferensie

Oudpres. Jacob Zuma (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Jacob Zuma is bereid om hom as voorsitter van die ANC verkiesbaar te stel, sou die ANC se takke dit van hom verlang.

Die oudpresident sê hy is deur verskeie kaders genader om hom vir die posisie van nasionale voorsitter van die ANC beskikbaar te stel.

“Ek het aangedui dat ek deur die takke van die ANC gelei sal word en dat ek nie só ’n oproep sal weier nie, sou hulle dit nodig ag dat ek weer die organisasie op daardie vlak of enige ander vlak dien,” sê Zuma in ’n verklaring.

Dudu Zuma-Sambudla, Zuma se dogter, het dié verklaring Maandag kort voor middernag op haar sosialemediablad gedeel.

Die oudpresident stel dit ook in die verklaring duidelik dat sy posisie rakende die ANC se leierskap nié sedert 2017 verander het nie – hy steun stééds sy eksvrou Nkosazana Dlamini-Zuma as president van die regerende party.

“Die kandidaat wat ons in 2017 by die 54ste nasionale konferensie ondersteun het, bly die bekwaamste om die ANC te lei,” glo Zuma.

Die ANC se 55ste nasionale verkiesingskongres vind in Desember plaas, waartydens die onderskeie takke die party se nuwe leierskap verkies en stem om nuwe beleidsbesluite aan te neem.

Volgens Zuma het leiers op verskeie vlakke van die ANC met hom in gesprek getree om hom oor sy siening rakende die konferensie te vra en wat gedoen moet word om die ANC te herbou.

“Ons moet die ANC van ouds laat herleef, toe takke mense genomineer en gekies het op grond van die vereistes van die organisasie in daardie spesifieke tydperk of epog, eerder as die hulpbronne tot hul beskikking.

“Ek het gehoor dat ’n paar kamerade ’n paar kwessies met betrekking tot [Dlamini-Zuma] opper, maar hulle almal het ongelukkig nie daarin geslaag om ’n beter kandidaat met beter getuigskrifte as hare aan te bied nie, behalwe diegene wat baie geld het,” sê Zuma, met oënskynlike verwysing na die ANC se huidige president, Cyril Ramaphosa.

Zuma sluit af deur lede van die ANC te vra om die party aan sy “regmatige eienaars – die lede” terug te besorg, en om die “onsigbare maar kragtige magte” uit te roei, wat skynbaar daarop uit is om die swart meerderheid in armoede gevange te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Althes ·

Dis as gevolg van jou en jou RET faksie dat miljoene Suid-Afrikaners in armoede leef. Dat werkloosheid die hoogte ingeskiet het. Dat mense hoop verloor het in SA. #TsekzumaRET

Peter ·

O liewe vader, wees ons dit genadig en mag ons dit gespaar word

Rooikopheks ·

Met hulle twee aan bewind is ons land en veral ons in die minderheid totaal in ons peetjie in!!

007 ·

Hy sal nie verkies word nie, Rampie en sy kaders sal dit nooit toelaat nie. Hy het ook nie meer die ondersteuning wat hulle dink nie.

Anel ·

Oooooo, behoede ons!! Ek het dan gedink hy is terminaal siek!!!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Net siek genoeg om nie tronk toe te gaan nie, maar gesond genoeg om weer ñ kans te staan om ons land se geld koffers te plunder!

Annelie ·

Oh No. Wil hy dit uit die tronk beheer. Hy is nog onder die indruk dat hy onskuldig is.

Frank John ·

Hahahaha simpel vent, of is die ANC so onnosel om dit nog te doen ook.

Roebs ·

Gaan sit op jou plaas jy het genoeg skade aan die land gedoen.

Annalie ·

Jong ja……………dat ‘n mens nou so gesond kan word dat jy dink jy is bevoeg. Was en sal nooit wees nie.

Samuel ·

Wat ‘n ramp sal dit nie wees as ZUMA weer verkies sou word nie. Die vermetelheid van hierdie man gaan alle verstand te bowe. Wat van die opsystaan reël – geld dit nie ook vir die ou skelm nie? Hy is dan kamtig terminaal siek? Hmmm

Prikkie ·

Raak jou buit nou te min JZ? Is dit nou weer tyd om aan te vul?

Kobus ·

As hy hof toe moet gaan is hy siek, as hy lawaai maak is hy fiks. Wonderlike dokters wat hy en Shabier het. Moet seker Kubane wees

Samuel ·

In hierdie Piesangrepubliek is enigiets moontlik. Zuma is so min siek as die man op die maan. Skynbaar is van diegene in die regbank ook lugtig vir hom. Slinkse man.

Kokerboom ·

Dis virseker September en NIE 1 April!
Die gemene skelm skurk kader is dan te siek om tronktoe te gaan!!!!!!
SA sirkus par excellance!

Elize ·

Maar hoe is dit moontlik? ‘n Wonderwerk? Die man is dan terminaal!!

Alta ·

Spaar ons asb die verdriet en korrupsie. Dlamini Zuma behoort op pensioen te gaan. Die land sukkel nog steeds om Zuma se korrupsie uit te roei

Nie Verbaas ·

Hierdie grapgatte hou net nie op nie. Wys jou die vlak van intelligensie.

JM ·

Hoe skelmer jy is en hoe laer jou I.K., hoe hoër jou aansien onder sommiges in hierdie opgevoeterde land. Behoede ons!

Riaan ·

Kan ek asb die eerste wees om sy hele mediese span te nomineer vir ‘n Nobel prys. Duidelik is hulle daartoe instaat om ‘n “terminaa”l siek persoon tot so mate te genees, dat hy weer kan begin werk.

jacques ·

Die Here behoede ons…Bly om te hoor hy is nie meer erg siek nie, dan kan hy mos sommer ook hof en tronk toe gaan terwyl hy so gesond is…

Spyker ·

Terminaal????
Hy is n ideale kanidaat vir daardie pos. Ek hoop hy kry dit want dit sal die laaste stuiptrekkings van die ANC wees.

Skim ·

Ek wil net weet, het hy en sy dokter se verslae dan nou nie gesê hy ly aan ‘n ernstige siekte nie? Nes Shabir het hy darem wonderbaarlik herstel dat hy nou kans sien vir Voorsitter van die ANC.

Jr ·

Nee mense julle dink dis nie moontlik? This is Africa where “our people” elect these clowns. And then burn and plunder because the clowns don’t deliver. Dan kom elections en ” their people” stel hulle WEER AAN

Bart-Man ·

Te siek vir tronkstraf. Maar gesond genoeg om miljoene mense oor die afgrond te stoot. Tsek man.

Kensy ·

Are you kidding!!
Sy bondgenote moet tronk toe en hy wil Voorsitter word!!!!
Hierdie Land het die vermoë om vir die swakste burger n kroon te gee:-(

Delia ·

Ek dag jy is te siek vir die tronk.
Tree asb om vadersnaam net af en verdwyn

Delia ·

My hemel..daai laaste paragraaf. Amper val ek van my stoel af..

Nettie ·

“…ongelukkig nie daarin geslaag om ’n beter kandidaat met beter getuigskrifte as hare aan te bied nie….”

Oi. Daardie sinnetjie, nê? Dit sê ALLES! Volgens hulle is sy die beste wat die ANC kan bied….

Sjoe. Ek bly dan nou maar eerder net stil.

Roelof ·

Nou wat het nou geword van sy dodelike siekte wat hom uit die tronk laat gaan het?
Nou is die tyd om hom terug tronk toe te stuur. Hys dan perdfris om met politiek voort te gaan

4ntj13 ·

Uhum! Hy is mos ʼn oud-soldaat van Rusland! Miskien moet ons keiser Putin laat weet hy is steeds lus vir oorlog! Dan kan hulle hom ook teen Ukraïne oproep!

SjN ·

Die man is mos volgens sy dr terminaal soek?? Hy kan dus mos nou gevonnis word!!

Cecilia ·

Jys te siek vir die tronk. Te siek vir die hof maar jy sien kans hiervoor? Dag as dit gebeur pak ek my goed en ek is klaar met die land.

Yvonne ·

Wow reken nou net….hy het sowaar uit sy siekbed opgestaan om sy land tot diens te wees……..wonderwerk ek moet se

Andries MT ·

Wil weer dien maar is te siek om in die hof te verskyn, hoe nou?

annie ·

Hier is darem een ware man, hoe sterwende ook, wat by sy ex-vrou staan deur dik en dun, pes, klimaatsverandering, kragonderbrekings en voorspoed, al ly hy ook hoe in die warm sonnetjie langs sy brandpoel. Hoekom, waarom het ons nie hierdie formidabele lyer gewaardeer toe hy nog met ons was nie. Sê asb? Wie weet? Dominee…? Nee, nie vir ‘n begrafnis nie, vir No 1.

Karina ·

Zuma is te siek vir die tronk, maar gesond genoeg om weer die politiek betree? Hoe werk dit? Sowaar dit gaan my te bowe.

Eden ·

Is hy nie weens sy siektetoestand uit die tronk vrygelaat nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.