Zuma hoor Maandag oor appèl

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Uitspraak word Maandag in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein verwag in voormalige president Jacob Zuma se appèlaansoek oor sy vrylating op mediese parool.

Die Pretoriase hooggeregshof het in Desember 2021 Zuma se aanvanklike suksesvolle aansoek om parool hersien en ter syde gestel. AfriForum was ’n applikant in die aansoek en na aanleiding van hierdie bevinding is Zuma beveel om die res van sy vonnis in aanhouding uit te dien.

Reiner Duvenage, veldtogbeampte by AfriForum, sê die burgerregteorganisasie is optimisties dat die hoogste hof van appèl die uitspraak van die hooggeregshof sal handhaaf in die lig van die beslissing dat om mediese parool toe te staan irrasioneel en onwettig was.

Die organisasie glo in gelykheid voor die reg en dus moet voormalige presidente, ongeag hul politieke bande, dieselfde behandeling as die gewone landsburger ontvang.

Zuma is 15 maande lank tronk toe gestuur omdat hy geweier het om voor die Zondo-kommissie wat staatskaping ondersoek het te getuig. Zuma, wat in Junie verlede jaar gevonnis is, se tronkstraf sou nou reeds amper uitgedien gewees het, mits hy vir die volle 15 maande agter tralies gesit het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nicky ·

Hy gaan nerns heen nie dit is net n klug van begin tot einde

SomeOne ·

vergeet van sy appél en sluit hom toe vir sy volle vonnis en sommer meer

Swerwer ·

Wat se Vrylating op parool, hy moet toegesluit word en toegesluit bly. Hy het geen mediese toestand nie, sy mediese toestand is sy bedrog , aanhitsing en kommunisme

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.