Zuma-onluste: Ondernemings kan nou aansoek doen om hulp

‘n Winkel in die Pretoriase middestad gedurende die onluste. (Foto: ANA)

Sakeondernemings kan nou aansoek doen om ʼn deel van die ekonomiese herstelpakket van R3,75 miljard vir die heropbou van ondernemings wat verlede maand erg deurgeloop het gedurende die gewelddadige onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng.

Die departement van handel, nywerheid en mededinging het Woensdag in ʼn verklaring gesê die finansieringspakket het ten doel om lenings teen ʼn nulpersent-rentekoers aan ondernemings te bied sodat beskadigde infrastruktuur herstel of gesteelde voorraad vervang kan word.

Die pakket is onlangs saamgestel deur die departement en sy filiale, die Nywerheid-Ontwikkelingskorporasie (NOK) en die Nasionale Bemagtigingsfonds om geplunderde ondernemings se deure weer oop te stel.

Luidens die verklaring behels ʼn deel van die finansieringspakket ʼn omvattende pakket van die NOK, wat finansieringsteun ter waarde van R1,5 miljard bied aan ondernemings en gemeenskappe wat deur die onrus geraak word.

Dié omvattende pakket deur die NOK sluit in ʼn toelaagfasiliteit van R100 miljoen om klein en informele ondernemings in die townships, landelike gebiede en klein dorpe wat deur die onrus geraak word, te ondersteun.

“Die fonds is ontwerp om die sosio-ekonomiese uitdagings te pak waardeur dié ondernemings weens die onlangse onrus in die gesig gestaar word.”

Daarbenewens is R400 miljoen opsy gesit vir ondernemings in die vervaardigingsektor en verwante dienste wat deur die onluste geraak is.

“Die fonds bied finansiering aan maatskappye wat geraak word deur middel van rentevrye lenings om werksgeleenthede te behou en te laat groei, asook die herstel van waardekettings te vergemaklik.”

Vir meer inligting oor die ekonomiese herstelpakket en waar om aansoek te doen, klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hardekwas ·

Hoekom moet hulle enigsins iets betaal? Die regering moet al die skade dek aangesien hulle nie die ondernemings wou beskerm nie. Vat dan die geld en emigreer uit hierdie anargie na beskawing.

Rudolf ·

Stem saam. Rentevrye lenings beteken nie veel nie – ondernemings moet steeds betaal vir iets wat nooit moes gebeur het in die eerste plek nie. En nog iets – 15 % van alle fondse wat bestee moet word om her – op te bou gaan weer net so terug Staat toe in die vorm van BTW.

marius ·

Wat ? Nerens in die wereld is daar ‘n groter spul skelms op ‘n hoop bymekaar nie ! Mag hierdie hool totaal ineenstort , baie vinnig . Geen mens kan so aangaan nie !

Anoniem ·

Ai ai, hoe lagwekkend. Waarom moet jy skuld aangaan om af te betaal as jou eiendom deur onopgevoede buffels wat ‘n land probeer regeer afgebreek en verwoes word. Die ANC koop nou net weer stemme vir die naderende verkiesing.

Elinette ·

Ek wonder of “die Departement” gaan vra om besighede se BEE-status te kan sien voor hulle oorweeg aan wíé hierdie hulp beskikbaar gestel sal word?

Mariana ·

Belaglik, regering moet hierdie geld aan mense gee wat hulle besighede verloor het. Lenings pfft, ongelooflik. En daar word weer gedreig en wat dan, moet hulle weer hierdeur gaan of gaan die regering die keer optree. Ek is seker dat hierdie geld nie alle besighede insluit nie, maar weereens net sekeres.

Vrijburger ·

Aansoek doen vir hulp? Se voet – dagvaar vir vergoeding!

Blomme ·

Tog so onnodig. Geld wat aangewend kon word om die ekonomie te help.. Die mense maak dit so moeilik om hulle te ondersteun. Onnosel.. Hoe breek jy af dit wat veronderstel is om kos op jou tafel te sit.?

Willem ·

Velkleur is seker weer n faktor om gehelp te word want dis mos net die people wat tax betaal in die land!!!!!Wittes moet maar nie te opgewonde raak nie!!!!!

Nico ·

Weer gaan die rassekaart gespeel word, net die meerderheid gaan baat vind hieruit, waar gaan die geld vandaan kom.

Frank John ·

Ek hoop almal word onder die selfde kam gekam en nie met die nuwe rasistiese houding nie.

Jack ·

Hulle moet maar eers wag want die onluste is nie klaar nie en die spul het gesien die staat kan niks daaraan doen nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.