Zuma ontken dat hy parlement-vrae ontduik

Pres. Jacob Zuma in die parlement. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma in die parlement. Foto: GCIS

President Jacob Zuma het gesê hy het nog nooit geweier om vrae in die parlement te antwoord nie, het die SAUK berig.

“Die president het nog nooit geweier om te gaan en vrae te beantwoord nie,” het hy aan die openbare uitsaaier gesê. “Ek het hierdie tipe strydkrete gehoor. Niemand het gesê ek moet parlement toe kom en dan het ek geweier nie.”

EFF-LP’s het op 21 Augustus vir pres. Zuma gedreunsing “betaal terug die geld” terwyl hy besig was om vrae te beantwoord in die parlement. Dit was in verwysing na Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, se verslag oor Nkandla wat bevind het dat Zuma onbehoorlik by die R246 miljoen se opgraderings aan Nkandla gebaat het.

Zuma was sedertdien nog nie weer in die parlement om vrae te beantwoord nie. “Ek was in die parlement. Lede van die parlement het my gekeer om vrae te beantwoord. Ek wag… ek gaan nog altyd parlement toe,” het Zuma gesê. “Parlemente is baie gerespekteerde instellings en ek dink as politieke partye moet ons dit in ag neem. Dit is nie ʼn plek om te speel nie, dit is nie ʼn plek om slagspreuke te skree nie.”

Zuma sal na verwagting weer op 12 Februarie in die parlement wees om sy staatsrede te lewer. Baleka Mbete, speaker van die parlement, het Julius Malema, leier van die EFF, verlede week versoek om nie Zuma se staatsrede te gebruik om te versoek dat hy vrae moet beantwoord oor Nkandla nie.

EFF-LP’s het gedreig om Zuma se staatsrede te onderbreek tensy daar ʼn spesiale sitting van die Nasionale Vergadering gereël word vir Zuma om vrae te antwoord. Mbete het gesê Zuma sal tydens die parlementêre debat ná afloop van die staatsrede, die geleentheid hê om te reageer op LP’s se besware.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

scalla ·

Stem saam, kan nie vrae antwoord nie want hy is nie daar nie.

Anoniem ·

Wat kan mens anders verwag van ‘n deurtrapte leunaar. Onbevoeg en en…………………………..

Paul ·

Hy lieg so glad dat hy homself glo, hy kan nie anders nie want dit is hoe hy is.

Jan-Hendrik Nordin ·

Hy lieg oor alles. Die leuen wat my die ergste pla is die leuen oor Nkandla. Ons weet almal hy het ons geld gesteel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.