Pres. Jacob Zuma het Donderdag gesê die land het nog onderwysers nodig sodat die gehalte van onderwys kan toeneem.
“Sonder goeie onderwysers is ons doelwit om die gehalte van onderwys en vaardigheidsontwikkeling te bevorder, tevergeefs,” het hy in ‘n toespraak tydens die Progressive Professionals Forum se herdenkingsgeleentheid gesê. “Ek mobiliseer julle as professionele persone om saam met ons in vennootskap te tree om onderwysersontwikkeling en -bemagtiging te bevorder en om elke deel van onderwys in die land te ondersteun.”
Zuma het gesê die vlakke binne hoër onderwys moet ook toeneem.
Die regering het in 2011 onderneem om teen 2014 die aantal gegradueerdes tot meer as 75 000 te laat styg, meestersgraadgegradueerdes na meer as 17 000 en doktorale gegradueerdes na meer as 5 000.
“Die uitdaging om hierdie doelwitte ten volle te kan bereik is dat hierdie vaardighede bedreig word deur ‘n arbeidsmag wat al hoe ouer word by hoëronderwys-instellings,” het Zuma gesê. “’n Vyfde van akademici sal binne 10 jaar aftree en meeste van hulle is professore. Dit beteken dat die mees ervare akademici die hoër onderwys sal verlaat.”
Zuma het gesê die regering is ook besorg oor die klein hoeveelheid jong navorsers wat die veld betree. Hy het gesê die land moet meer navorsers en jonger dosente oplewer. “Die fokus van die regering, deur die departement van hoër onderwys is om die aantal gegradueerdes uit swart gemeenskappe te laat toeneem en akademiese loopbane vir hulle aanloklik te maak. Die akademie moet opwindend wees vir ons jeug,” het hy bygevoeg.
Hoekom net uit swart gemeenskappe? Die man is openlik ‘n rassis en niemand kritiseer hom nie! Is wit mense dan niks meer werd nie Zuma….ANC? Hoelank moet mens nog hierdie gemors vat?
Ja-nee.
Mr Zuma sit die lig aan en begin soek want nugter weet waar gaan jy hulle kry die een is dommer as die ander een.Hulle het net geld en dood maak op hulle breins as hulle het
Eerbare gekwalifiseerde onderwysers wat die beroep lief het en nie die GELD nie.
Toe droom zuma al weer. Verlaag die standaard en wat kry jy. Anc president en gevolg
Betaal meet Die huidige swank salarisse maak nie mere my kinders se magies vol nie