ʼn SAL-vliegtuig se verbyvlug tydens pres. Jacob Zuma se inhuldiging by die Uniegebou in Pretoria vanjaar het belastingbetalers meer as R200 000 uit die sak gejaag.
Die SAL Airbus A340-600 se verbyvlug het skaars ʼn minuut lank geduur.
Lynn Brown, minister van openbare ondernemings, het Donderdag op ʼn vraag van DA-LP David Maynier in die parlement gesê die totale koste vir die vlug op 24 Mei, insluitend die oefenlopie die vorige dag, het R215 000 beloop.
Volgens die uiteensetting wat Brown gegee het, het die bemanning gratis opgetree “sonder vergoeding vir ete-uitgawes”, die lugverkeer en navigasiekoste is kwytgeskeld en daar was ook 90% afslag vir parkering- en landingsfooie.
Die grootste uitgawe was brandstof (bykans R140 000). Die res is aangewend vir instandhoudings- en bedryfskoste.
Kom nou mense hier kan ons nie kla nie dit het al baie op vorige geleendhede gebeur met ander gebeure in ons land – hoekom is dit nou n probleem? omdat Zuma is?
Omdat die R215,000.00 uit die belastingbetalers se sak kom. As dit nou regtig ‘n heugelike gebeurtenis was, miskien ja. Leier van korrupte regering en hy kry soveel erkenning.
@Carel – ja mense vergeet nou bietjie gou destyds met die rugby wêreldbeker was daar OOK ‘n verbyvlug gewees. En dit beteken nou nie ek is ‘n “fan” van Zuma nie en verpes die anc se vermorsing van geld maar, mens moet darem regverdig wees ook.
Elfie, verskil is Saru het vir daardie vlug betaal.