Zuma verloor wéér in hof

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die beslissing dat hy vervolg moet word op aanklagte van korrupsie, bedrog en rampokkery is van die hand gewys.

Dit volg nadat Zuma se aansoek – dat sy vervolging gestaak word – in Oktober eenparig en met koste van die hand gewys is. Dieselfde geld vir sy medebeskuldigde, die wapenhandelaar Thales.

Zuma se regspan het egter besluit om ʼn aansoek in te dien om teen dié beslissing te appelleer. Die aansoek is op 22 November in die hooggeregshof in Pietermaritzburg aangehoor. Zuma se regspan het aangevoer die hof het “growwe feite- en regsfoute” begaan deur Zuma se aansoek van die hand te wys.

Zuma se aansoek om verlof tot appèl is egter Vrydag met koste van die hand gewys en dit beteken hy sal steeds op talle aanklagte teregstaan.

Die saak hou verband met die wapentransaksie van die 1990’s. Die staat voer aan Thales het Zuma, via sy voormalige finansiële raadgewer Schabir Shaik, omgekoop om die maatskappy teen ʼn ondersoek te beskerm.

Shaik is in 2005 skuldig bevind aan twee aanklagte van korrupsie en een van bedrog. Hy is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, maar is later op mediese parool vrygelaat.

Die saak teen Zuma was vir langer as ʼn dekade in en uit die hof – totdat Shaun Abrahams, die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), verlede jaar aangekondig het dat die klagte teen Zuma en Thales heringestel gaan word.

Glynnis Breytenbach, die DA se skaduminister van justisie, het die jongste beslissing verwelkom.

“Zuma het in teenstelling met sy uitsprake dat hy die geleentheid sal verwelkom om sy dag in die hof te kry, alles in sy vermoë gedoen om te keer dat hy aanspreeklik gehou word vir die beweerde strafregtelike aktiwiteite waarby hy glo tydens die wapenskandaal betrokke was.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Wurmpie ·

Hy sal nou daai “firepool” moet begin verkoop vir al sy regskostes

Eddie ·

Die ” FIREPOOL ” is ‘n vaste verbetering en behoort nou aan die Trust wat deur die Zoeloekoning besit en beheer word !!

SjN ·

Verstaan hy nie wat beteken van die hand gewys nie, speel vir tyd.

humor ·

Maroela plaas hierdie berig asseblief onder “Goeie goed.”

Orange is the new Black ·

How ironic that he wil end up in the same place he started. Prison. Just a heartbreaking pity that our once beautiful country had to suffer his and his likeminded comrades’ destructive tenure to the detriment of all South Africans.

colleen ·

Hy sal nooit die binnekant van ‘n tronk sien nie en speel vir tyd.

Eddie ·

Glo my , Zumpie het altyd nog ‘n haas in die hoed, Ou kalant , dra al sy ketting , sleep dit nie meer nie !

Chris Ws ·

Pragtig!! Mag hy sy dag in die hof nou kry en klaar.Ek hoop van harte die aanklaer het sy feite agtermekaar waneer dit plaasvind en dat hy vir baie jare toegesluit gaan word SONDER die keuse van ‘n boete.

Hanlie ·

Ek verstaan nog steeds nie. Schabir Shaik was so siek, en hy leef nogsteeds. Gaan hy dan nooit gestraf word saam met Zuma nie.

Hennie ·

Ek sal hom nou graag wil hoor lag… Alhoewel hy bokkerall gaan oorkom. Hy weet te veel…

Anoniem ·

Kan Willie Nel nie asseblief Shabir Shaik se stert vastrap en hom terugstuur tronk toe nie?

Judge Dredd ·

Teen die tyd wat hulle hom skuldig bevind aan enigiets is hy alreeds dood of so sieklik dat hy onmiddelik op mediese parool geplaas word…..

mini ·

die boete vir racketeering is 30 jaar tronk toe en 100 miljoen rand , geld wassery 15 jaar tronk en 10 miljoen….. en sake verjaar nie meer nie

HV ·

JZ het hierdie land meer skade berokken as enige iets anders. As hy nie aan bewind was nie sou ons ekonomie 25% groter gewees het, ESCOM en die SAL sou funksioneel gewees het en die werkloosheid aansienlik minder, staatskuld sou onder beheer gewees het. Die misdaad in die land sou aansienlik minder gewees het.
Dit wat hy aan hierdie land gedoen het is soos in die ou dae beskryf n halsmisdaad, stafbaar met die doodstraf. Hy moet van hoogverraad aangekla word, net jammer daar is nie meer doodstraf nie.

hercu ·

“An honest ruler makes the nation strong; a ruler who takes bribes will bring it to ruin. A ruler who listens to lies will have corrupt officials. Crime increases when crooks are in power, but law-abiding citizens will see them fall” – Prov 29:4

John ·

… nee wat, nou gaan die siektes toeslaan a la Shabir vir daai dag wanneer hy sterwend-sigaar-in-die-mond en voete-in-die-brandpoel kan luier.. regs van die bokkraal en links van die kroegie vol koue -bier…

Trol ·

Tog is hy nie op die plek toegesluit nie. Bewys weer fikile se mening oor die howe.

Tienie ·

Ek het n baie baie baie sterk vermoede dat hy gaan presies dieselfde siekte kry as wat Schabir Shaik onder lede gehad het.

Shame

Neels ·

Tienie jy mag dalk reg wees, miskien kry hy dalk eerder Jacky Selebi koors en verguis vinniger as wat julle dink

Johanna Botha ·

Die volgende om dinge te vertraag gaan hy nou kastig siek wees …kyk nou mooi

Leon Dormehl ·

Miskien is vertrahingstaktiek goed want dit kos hom, of iemand ‘n fortuin. Hy verloor elke keer met koste. Hy gaan sy blyplek ook verloor. As die hofsake gou afgehandel word, gaan hy net ‘siek’ word. Nou kos dit hom BAIE geld. Ek merk wel op dat die grootbekkige bravade heelwat afgekoel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.