Vlugte van die Suid-Afrikaans Lugredery (SAL) word nie deur ʼn huidige staking by dié lugredery geraak nie.
Werkers wat aan die National Transport Movement (NTM) behoort, het Vrydag begin staak. Hulle beskuldig die lugdiens daarvan dat die hoofbestuur nie die NTM as ʼn unie erken nie. Die unie het 1 300 lede, maar kan glo nie bewys lewer dat hulle ʼn onafhanklike derde party is nie.
Tlali Tlali, ʼn SAL-woordvoerder, het gesê die lugredery het gebeurlikheidsplanne in werking gestel om seker te maak dat kliënte en passasiers nie deur die staking beïnvloed word nie. “Geen vlugte of skedules word deur die staking geraak of vertraag nie. Inteendeel, geen bedrywighede by die SAL word hierdeur beïnvloed nie,” het Tlali gesê.