Kathryn Fuller se gesin is intussen desperaat om hul dogter uit Kampala te kry sodat sy behandeling in Suid-Afrika kan ontvang. Die Daily Mail berig dat Fuller die assistent was van Jeff Rice (39), ʼn Amerikaansgebore vervaardiger wat aan die TV-reeks The Amazing Race gewerk het. Rice is op 18 Februarie dood aangetref in die Serena-hotel in Kampala nadat hulle glo besmette kokaïne gebruik het. Fuller was bewusteloos. Hulle het aan ʼn rolprent gewerk ten tyde van die voorval. Moses Kalanzi (23), ʼn taxi-bestuurder, is in hegtenis geneem nadat hy glo die dwelms aan Rice verskaf het. ʼn Polisiewoordvoerder, Asuman Mugyenyi, sê Fuller is ʼn ooggetuie en sal in hegtenis geneem en moontlik vervolg word vir dwelmgebruik wanneer sy uit die hospitaal ontslaan word. Fuller se pa, Stuart, bly sedertdien in ʼn hotel in Kampala en probeer om sy dogter terug te bring na Suid-Afrika vir behandeling. Rice los sy vrou, Sally Blackman, en twee kinders, 2 en 7, agter. Hy het saam met sy vrou ʼn maatskappy , SB Productions, vanaf Durban bedryf.
Lees meer hier.