ʼn 23-jarige man is in hegtenis geneem en gaan na verwagting Woensdag in die hof verskyn nadat hy glo ʼn sesjarige meisie in Kaapstad doodgeskiet het.
Lt.kol. André Traut, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het gesê die voorval het Maandagmiddag in Lentegeur, Mitchells Plain, plaasgevind.
“Die verdagte het drie skote gevuur waarvan een die meisie noodlottig gewond het, een ʼn vierjarige seun in sy been getref het, en een ʼn 18-jarige seun gewond het,” het Traut gesê.
Die vierjarige en 18-jarige is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Traut het gesê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.
shame
Dis hartseer. Die arme kind het nog skaars gelewe.