Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê vyf seuns van Tafelsig, Mitchells Plain het glo saam in die getypoel geswem toe twee van hulle in die moeilikheid geraak het. Hy sê die drie ander seuns het alarm gemaak. “Die liggame van twee negejarige seuns is onder die water gevind.” Lambinon sê paramedici het mond-tot-mond-asemhaling toegepas maar hulle is op die toneel dood verklaar. Die saak word ondersoek.
Seuns verdrink in getypoel
Twee seuns het Woensdag in die Monwabisi-getypoel aan die Valsbaaise kus verdrink.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.