Slegs een uit 394 hospitale voldoen aan standaarde

hospitaalbedSlegs een uit 394 staatshospitale het aan aal die aanvaarbare standaarde voldoen in ʼn oudit wat deur die departement van gesondheid gedoen is, berig City Press.

Die Witrand-psigiatriese hospitaal in Potchefstroom, Noordwes was die enigste mediese instansie wat geoudit is wat voldoen het aan die nodige standaarde rakende netheid, infeksiebeheer en dwelmvoorraad, aanvaarbare personeelhoudings, die veiligheidstandaarde van pasiënte en redelike wagtye. Die oudit is tussen Mei 2011 en Mei 2012 by 3 880 hospitale en klinieke regoor die land gedoen. Inspekteurs het bevind dat 93% van hospitaalsale nie voldoende en funksionele toerusting het om die veiligheid van ma’s en kinders te verseker nie. Slegs 32% van die hospitale en klinieke het voldoende infeksiebeheermaatreëls in plek. Slegs twee van die mediese instansies het maatreëls in plek om pasiënte se veiligheid te verseker. Net onder ʼn derde van personeel word geag dat hulle pasiënte redelik behandel terwyl sowat ʼn kwart van personeel as sorgsaam beskryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Justi ·

Dis is voorwaar skokkend. Sien die regering nie dat alles om hulle verval nie?

Of is dit n geval van “sien” maar kan nie n bloue duit omgee nie solank hulle die beste behandelling kry ens? Die res van die mense, wie hulle veronderstel is om te dien……want dit is hoe hulle aan bedwind gekom het, word beskou as “gewone” mense en beteken niks eintlik nie. Net as dit by hul stemme kom beteken die “gewone” mens iets.

Wessel ·

‘n Mens se lewe is ook nie meer seker in die hospitale nie. Jou kanse op oorlewing is beter by jou eie huis deesdae as in ‘n hospitaal.

Sonja de Witt ·

Christiana hospitaal dienste baie swak.My pa le huidiglik daar.Ons paar keer daar gekom dan le my pa mt n vuil doek.Ek moes soebat en smeek dat hul my pa moes km skoon maak.di Suster op diens ht ok vir my gese’vat jou pa en gan versorg hom by jou huis’,mar baie baie onbeskof.

anon ·

Waar sal ek begin so 4 jaar trug was my meisikind in di staatshosp in polokwane di arme kind se arm was al pers van al di naalde. Di kos was on eetbaar. Ek was laas jaar met my seun in hosp di bedegoed was so vuil gewees di wasbak vol drip sakkies en naalde en di nagklere was namerrie hul rekening my ek magi in my eie klere kraam ni het my man gese nooit weer ni en ja di kos n prob gewees

Bianca ·

Moet dit asb nie verkeerd opvat nie maar hoe op aarde het jy nie n medies nie? Kry tenminste n hops plan maar kry net iets veral omdat jy kinders het!

H. Lambert ·

Dis ‘n Groot Skande dat slegs 1 Hospitaal uit 394 voldoen aan die standaarde in die Oudit!! Wat het tog van Ons Trots geword…. As ek kyk na die verpleegsters se kleredrag dan moet ek met afgryse sè dit is dan te verstane waarom die hospitale in so ‘n toestand is…. Nee wat Daar moet strenger maatreêls gestel word met ook Strenger opleiding dan sal alles in ons land OOK VERBETER!!! Ons oud verpleegsters laat ons Koppe in Skaamte sak om hierdie dinge te Lees en ook Ondervind!! Skud julle reg (asseblief) en wees TROTS op jouself en jou beroep!!

Dalene ·

Liewe land Bianca! Baie mense, inkluis ons, kan nie mediesefonds op hierdie stadium bekostig nie, weens fondse nie. Ek neem eksepsie, dat jy dit so stel. Jy is bevoorreg om aan ‘n med te behoort. Vra verskoning dat jy mense verwyd wat geen mediese fondse het nie!Skaam jou.( betaal jy self of betaal jou man?)

Dalene ·

Dis ‘n feit .(BYNA) al die staatshospitale in die Oos-Kaap is chaoties.Niks werk nie.’n Meganiese ingenieur was aangestel om die hospitale reg te ruk, soos toestelle wat nie werk nie en ander wat verkeerd ingestalleer is , reg te maak,Maar toe hy kundiges aanstel om te help dat die masjiene werk, toe mag hy nie hierdie mense gebruik nie, maar net hulle (ANC?) eie kaders wat niks weet nie.Die gevolg, toe val alles weer plat…. en daarna, moes die ingenieur maar huis toe gaan ,want na 3 maande sonder salaris, was daar nie op daardie stadium geld nie, want hulle was bankrot! Waar is die geld heen?

Meisie ·

Is daar nie genoeg plek daar by Nkandla vir so paar pasiente nie, daar is mos alte oulike rondawels en elke ding , tot `n swembad,,,, so niemand hoef te worry as daar dalk `n brand uitbreek nie …. hahahahaha
Net die helfte van daardie geld kon `n paar hospitale goed opgeknap het!!!!!!!! Dan stem sy mense wragtig nog vir hom!!!!!!!!!!!

Meisie ·

Is daar nie genoeg plek daar by Nkandla vir so paar pasiente nie, daar is mos alte oulike rondawels en elke ding , tot `n swembad,,,, so niemand hoef te worry as daar dalk `n brand uitbreek nie …. hahahahaha
Net die helfte van daardie geld kon `n paar hospitale goed opgeknap het!!!!!!!! Dan stem sy mense wragtig nog vir hom!!!!!!!!!!!

Dan ·

Moenie dink jy sal ooit een van die blink, uitgevrete “menere” of “dames” in ‘n Staatshospitaal sien nie; nee, hulle sorg dat hul die beste behandeling moontlik kry op die belastingbetaler se koste in privaat hospitale. Hulle is heeltemal te bang vir ‘n Staatshospitaal want hulle weet presies wat daar aangaan. Vir die res van die mense voel hulle niks. Al hierdie probleme in die hospitale het ‘n baie eenvoudige oorsaak – anderskleuriges wat nie die werk kan of wil doen nie, is in die plek van blankes wat oor die nodige kennis, vaardighede en moraliteit beskik, aangestel en die blankes is uitgewerk. Natuurlik is daar ‘n groot minderheid goeie personeel wat trots is op hul werk en weet wat hul doen, maar die meeste van die spul wat nou daar is, beskou hul kamtige werk as ‘n bymekaarkomplek om tee te drink en te klets die heeldag deur, en dan ‘n lekker vet salaris en voordele te ontvang vir niksdoen. Vergelyk die standaard van hospitale vandag met die wat ons in die “ou” Suid-Afrika geken het, en die prentjie is onmiddelik duidelik. Daar hoef geen “konsultante” aangestel te word om die probleme te ondersoek nie, geen indaba’s hoef gehou te word om by die kern van die probleme uit te kom nie, dit is nie nodig om nog personeel aan te stel om die wat reeds nie die werk kan doen, by te staan nie. Die antwoord is klaar gegee en die advies kos die belastingbetaler niks!

Almerie Jansen van Vuuren ·

Ons sister in Carltonville hospitaal sy is diabeties het hartstilstand en epelepsie/fitts asook 3 beroertes gehad. as gevolg van afstand kan ins nue daagliks haar vesoek vanaf Pretoria. Telkens as jy skakel vra hoe dit gaan altyd goed wanneer jy besoektyd opdaag teenoorgestelde van wat jy meegedeel is telefonies. ons het gemerk sy word glad nie gewas as sy haar nat maak geen kateter in en braak le sy net so met nat klere en beddegoed totdat ons daar kom en haar kan help was en skoon aantrek. verpleegpersoneel is bewus dat sy niks eet of drink volgens hulle omdat haar niere nie funksioneer. Haar are val plat steek hulke haar foos om aar te kry as naald in weefsel gaan word drip net uitgehaal en le sy sonder nat of droog. Hoeveel keer het ons as familie nie nou die afgelope 2 weke daar opgedaag dan moet ons gebruikte inspuitings bloed besmeerde pleisters ens optel en weggooi. Haar tralies voor haar bed met snesies skoon probeer maak waar op kotsel aan vas klou nie. Dus skande seker ins jongste sister het vandag fotos geneem van orgie by hospitaal waar gaan klop ons aan vir hulp hoe kry ons haar oorgeplaas Steve Biko toe omrede dit by ons woon en werksplekke was sy net gaan kuier het en nou le sy in Carltonvilke staatshopitaal lyk of hulle haar aan haar eie lot oorlaat!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.