Swartmamba ontsnap uit hok van Pretoria-dieretuin

Argieffoto: snakespictures.net

‘n Twee meterlange swartmamba het uit aanhouding by die Pretoria-dieretuin ontsnap en personeel kon dit nog nie opspoor nie.

Craig Allenby, die dieretuin se bemarkingsbestuurder, het aan Beeld gesê personeel het verlede week agtergekom dat die slang se hok leeg is. “Die omgewing was dadelik afgesper. Ons het die gebied vir twee dae lank afgesper gehou terwyl ons tevergeefs na die slang gesoek het. Ons vermoed hy het in die dak in geseil, maar ons kan nie daar inkom nie want die opening is te klein,” het hy gesê.

Allenby het gesê mense hoef nie paniekerig te raak nie, aangesien die slang heelwaarskynlik gereed maak om te hiberneer. Die slang is ook in ‘n beperkte spasie is en het nie maklik toegang tot die publiek nie. “Hy sal deur drie deure moet seil om by die publiek uit te kom,” het hy gesê.

Volgens Allenby probeer die dieretuin nog vasstel hoe die slang ontsnap het.

Prof. Graham Alexander, ‘n slangkenner van Wits, het gesê swartmambas is gevaarlik, maar nie aggressief nie. As ‘n swartmamba ‘n mens pik, kan dit binne 30 minute ‘n hartaanval veroorsaak.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.