Tolhekke glo “anders” in Kaapstad

Die e-tolhekke in Gauteng

Die voorgestelde N1-N2 Wynland-tolprojek in Kaapstad sal nie soos die e-tolstelsel in Gauteng werk nie, het Sanral Donderdag gesê.

“Die paaie in Kaapstad sal tolhekke hê waar motoriste met kontant kan betaal,” het Vusi Mona, woordvoerder vir die SA Nasionale Padagentskap (Sanral) gesê. Sanral sal glo ‘n konsessie in Kaapstad aanstel op ‘n bou-, bedryf- en oordragbasis om die pad te befonds en in stand te hou. Die stad Kaapstad het regstappe gedoen om die projek te keer.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof sal op 16 Mei die stad se aansoek aanhoor om Sanral te verhoed om verdere stappe te doen om met die voorgestelde projek voort te gaan. Sanral het Donderdag gesê die e-tolprojek sal binne twee maande in Gauteng begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.