Pendelaars het vermoedelik uit weerwraak vroeër die week ‘n trein van Kaapstad aan die brand gesteek.
Mthuthuzeli Swarts, streeksbestuurder van Metrorail, het aan die Cape Argus gesê beamptes het voor die voorval sommige passasiers uit die trein verwyder omdat hulle nie kaartjies gehad het nie. “Van hierdie mense mag vir die brandstigting verantwoordelik wees,” het Swartz gesê.
Maroela Media het Woensdag berig die trein was Dinsdagmiddag onderweg na Kaapstad toe dit omstreeks 16:00 by die Woodstock-stasie aan die brand gesteek is
Vier treinwaens is verwoes en vier mense moes vir rookinaseming behandel word.
Ja, tipiese mentaliteit onder ‘n cANCer regering. Ons wil ALLES he, VERNIET he, en as ons dit nie kry nie dan brand ons, breek ons, plunder ons en moor ons.