Die polisiebeamptes wat afgeneem is terwyl hulle ʼn Mosambiekse taxibestuurder in die Oos-Rand agter ʼn polisievangwa aan gesleep het, is geskors.
Polisiekommissaris Riah Phiyega het Vrydag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê sy en die polisie is ontstoke oor die voorval. Sy het ook opdrag gegee dat die betrokke beamptes van hul wapens ontneem moet word.
“Ons gaan ook die huidige stasiebevelvoerder van die Daveyton-polisiestasie in Benoni van sy posisie verwyder sodat daar nie met ondersoekwerk ingemeng kan word nie,” het sy gesê.
Maroela Media het Donderdag berig die Mosambiekse taxibestuurder is Dinsdagaand dood nadat hy glo agter aan ’n polisievangwa vasgemaak en gesleep is ná ʼn onderonsie met die polisie. Die man is later in polisie-aanhouding dood.
Sien die video hier. WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe lesers ontstel.