Die kouefront wat die suide van die land dié week getref het, het reeds tot bittere koue en selfs sneeu en swaar reën gelei.
Die reën het in Struisbaai in die Wes-Kaap oorstromings veroorsaak en in Sutherland en dele van Lesotho het dit gesneeu. Sommige eNuus-kykers het hulle foto’s met ons gedeel. Die sneeuneerslae kom interessant genoeg omtrent presies ’n jaar ná dit ook in Johannesburg gesneeu het.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.