Video: Sekuriteitsvideo-opname van plaasaanval

Die video volg onderaan die berig.

Die video volg onderaan die berig.

Waarskuwing: Die video onderaan die berig mag sensitiewe lesers ontstel.

Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het intussen kommentaar gelewer op die reaksie wat die plaasaanval-video uitgelok het. Klik hier om sy artikel te lees.

AfriForum het vandag beeldmateriaal van ’n plaasaanval by ’n blitskonferensie in Centurion aan die media beskikbaar gestel. Hierdie materiaal sal deel vorm van die voorlegging oor plaasmoorde wat AfriForum op 26 en 27 November by die Verenigde Nasies se Forum vir Minderheidsaangeleenthede in Geneve, Switzerland gaan indien. Hoewel die beeldmateriaal nie geweld bevat nie, sal dit sensitiewe kykers moontlik ontstel.

Ernst Roets, AfriForum se adjunk uitvoerende hoof vertrek vandag na Europa en sal die voorlegging saam met Alana Bailey, mede-adjunk uitvoerende hoof behartig.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het gesê dat die polisie die publiek mislei wanneer hulle verklaar dat misdaad onder beheer is. “Hierdie video bevat die onaangename werklikheid. Dit raak gebiedend noodsaaklik dat die publiek meer pro-aktief optree deur by gemeenskapveiligheidsnetwerke in te skakel. Dit is AfriForum se grootste prioriteit wat veiligheid betref.”

Lees ook:
Video oor plaasaanval ís eg, sê AfriForum
Duisende kyk video van plaasaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

91 Kommentare

jongste oudste gewildste
Annelien Houston

Hi almal, ek het sommer nou hier gesit en hoendervleis kry soos wat ek die bende sien inbreek, ek reken n mens moet n alarmstelsel het wat een oorverdowende lawaai maak as hulle inbreek, want hulle sal so groot skrik en hopelik net weg hardloop. Dit is vreeslik!!!!!

AmY

Wys asb die Video aan Piet Kopdoek&Kie.

Jasper

Hierdie is n taai tammeletjie. Niemand kan presies vir iemand sê wat hy moet doen nie. Elke situasie verskil. Wat ek wel weet, as jou hond vergiftig word, het jy kennis gekry en moet jy voorsorg tref.

Johan Fritz.

My pa, George Pieter Fritz is op 20 Augustus 1988 op sy plaas vermoor deur twee sogenaamde werksoekers, my ma is ook aangerand, met haar trui verwurg en vir dood agtergelaat. Sy het egter later bygekom want vanwee die rekbaarheid van die trui se wol het die verwurg poging nie geslaag nie, haar oe was egter potblou en toegeswel, haar gesig pimpel en pers vanwee die aanranding. albei my ouers was 80 jaar oud. My ouers was hulle hele lewe net goed teenoor alle rasse. Hulle was ook nie meer aktief in die boerdery betrokke nie, aangesien ek die hele… Lees meer »

Christo Gillmer

Iets slaan my dronk. Daar is `n Veiligheidshek in die gang, maar tog kon hulle van `n ander rigting verby die hek kom. Dit help veel!!