Vier sterf in N4-ongeluk

Vier mans is dood nadat die bakkie waarin hulle gery het op die N4 naby eMalahleni (Witbank) omgeslaan het.

ER24 sê die ongeluk het Vrydagaand kort voor middernag plaasgevind. “Bekommerde motoriste wat op die toneel stilgehou het, het aan paramedici gesê die bakkie het omgeslaan waarna drie mans uit die bakkie geslinger is.” Die bakkie het hierna teen ʼn versperring gebots en teen ʼn muur by ʼn begraafplaas tot stilstand gekom. Volgens ER24 is vier mans, glo in hul vroeë 30’s, op die toneel dood verklaar terwyl ʼn vyfde man ernstige kopbeserings opgedoen het en in ʼn kritieke toestand na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Seg Net ·

Almal was seker weer voor in die bakkie. Eben onthou net rybewyse word gekoop ook en daardie drywers sal ‘n voertuig uit die fabriek om of om neuk.

leana ·

Was dalk ‘n dubbelkajuit bakkie Seg. Mag wees dat alcohol ook betrokke was. Hoop nie dit was wittes nie.

leana ·

Was dalk ‘n dubbelkajuit bakkie Seg. Mag wees dat alkohol ook betrokke was. Hoop nie dit was wittes nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.