Vierpotige vriende bevorder Voortrekkermonument se sekuriteit

Een van die Voortrekkermonument se sekuriteitswagte oefen saam met een van die honde. (Foto: verskaf)

Die Voortrekkermonument het drie vierpotige vriende ryker geword om sekuriteit van die perseel nog verder te bevorder.

Dié honde is op Vrydag op bruikleenbasis deur Genesis K9, ʼn hondeopleidingsonderneming, aan die monument geskenk.

“Ons is baie dankbaar dat Genesis K9 vir ons drie ongelooflike honde leen waarmee ons kan werk. Die honde is ten volle opgelei om die werk te kan doen wat ons op ons terrein nodig het,” het Danie Dreyer, sekuriteitshoof van die monument, gesê.

Genesis K9 is ook deurlopend betrokke by die opleiding van sekuriteitshonde by die Voortrekkermonument, en gebruik ook dikwels die perseel vir opleiding van hul eie honde. Daar word ook deurentyd opleiding aan personeel by die Voortrekkermonument gebied om die honde op die regte en veilige wyse te hanteer.

“Genesis K9 maak ʼn groot bydrae tot die sekuriteit van die Voortrekkermonument en die feit dat hulle ook gereeld hier nuwe groepe bring om te oefen, dra by tot sigbaarheid op die terrein,” sê Dreyer.

“Die honde se reuk en gehoor, wat soveel beter as ʼn mens s’n is, stel die honde in staat om gevaar op te merk lank voordat die mens kan. Die hond se gedrag stel die sekuriteitswag in kennis dat daar ʼn probleem is, en so kan daar proaktief opgetree word.”

Die Voortrekkermonument het vroeër vanjaar hul eerste vierpotiges op die perseel verwelkom, en spog vandag met 12 sekuriteitshonde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

trotsNAMSA ·

Al my liefde aan die pragtig honde, ek is ‘n K9 gedragskonsultant en dit so heerlik gewees het om hulle te ontmoet. Ongelukkig is ek in die Wes-Kaap.
Voorspoed aan die hanteerders, 12 honde is ‘n handvol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.