ʼn 39-jarige vrou se liggaam is Sondagoggend in haar huis in die Setaria-myndorp, tussen Thabazimbi en Northam, in Limpopo gevind.
ʼn Polisiewoordvoerder, kol. Ronel Otto, sê Annalize Herbst se liggaam is Sondagoggend deur haar man gevind. Otto sê hulle vermoed sy is verwurg aangesien daar merke aan haar nek was. Herbst se man het Saterdagaand nagskof gewerk by ʼn nabygeleë myn. Otto sê twee selfone, ʼn beursie en ʼn CD-speler word vermis. Sy sê daar is geen teken van forseerde toegang nie en hulle vermoed sat Herbst dalk ʼn deur oopgelos het. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Nog een gruwelooslik vermoor….hou iemand telling? Terwyl die volk rustig slaap. Wanneer gaan dit ophou, of liewer, wanneer gaan te veel te veel wees ?