Vroulike motorfietsryer sterf

‘n Vrou is Donderdag in Polokwane dood ná sy met haar motorfiets in ‘n motor vasgery het.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die hoek van Landros Mare-weg en 19de laan in Polokwane plaasgevind. Die vrou, in haar laat 20s, is op die toneel dood verklaar. Die motoris het geringe beserings opgedoen. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.