17 gewond tydens mesaanval op trein

Talle nood-en-reddingsdienste Sondagaand by die treinstasie in Tokio. (Foto: JIJI PRESS / AFP) / Japan OUT)

’n Man, geklee as die Joker, is Sondagaand in hegtenis geneem ná ’n mesaanval op ’n trein in Tokio.

Minstens 17 mense is gewond waarvan een kritiek toe die man passasiers met ’n mes bygedam het en ’n brand op die trein gestig het.

Die aanval het omstreeks 20:00 op Allerheiligeaand (Halloween) plaasgevind toe die Japanse hoofstad oortrek was met inwoners in kostuums.

Die aanvaller was in ’n groen hemp en pers pak geklee as die Joker-karakter in die gewilde Batman-rolprente.

Daar kan in ’n video van die aanval gesien word hoe vreesbevange passasiers deur die trein hardloop terwyl rook die treinwa vul.

In ’n ander video op sosiale media kan gesien word hoe mense deur die Keio Line-trein se vensters by ’n treinstasie naby Kokuryo in die westelike voorstede van Tokio klim in ’n poging om te ontsnap.

Die operateur het intussen gesê die trein se dienste is gedeeltelik opgeskort weens die voorval.

“Ek het eers gedink dit het iets te doen met Allerheiligeaand. Maar ek het weggehardloop toe ʼn man met ʼn lang mes inkom. Ek was baie gelukkig om nie seer te kry nie,” het ʼn man wat op die trein was, aan AFP gesê.

’n Ander passasier vertel dat die aanvaller geen emosie getoon het ten tyde van die voorval nie.

Luidens Japanse media het die verdagte aan ondersoekers gesê hy “wil mense doodmaak en die doodstraf opgelê word”. Hy het ook erken dat hy aanstekervloeistof in die trein uitgegooi het.

AFP kon nie dadelik die plaaslike polisie in die hande kry vir kommentaar omtrent die aanval nie.

Geweldsmisdaad kom nie dikwels in Japan voor nie hoewel nege mense in Augustus ook tydens ’n mensaanval op ʼn pendeltrein in Tokio gewond is. Die verdagte in dié aanval het homself later oorgegee nadat hy aanvanklik van die toneel gevlug het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

JohanR ·

Dis ‘n nagmerrie. Jy weet nooit waar die malles vir jou wag nie. Jy kan ‘n lekker ete by ‘n resturant geniet, dan staan die malle op en begin skiet of kap.

piet ·

Kan nie te moeilik wees vir ‘n paar manne om die messteker te oorrompel nie. Die voordeel hiervan is dat hulle die messteker sommer net daar en dan sommer goed kan opfoeter ook.

Andréas ·

Sterkte aan alle beseerdes en hul familie wat hierdie misdaad moes beleef. So geweldadig in so trotse land.
Die Afrikaanse woord vir Halloween hiér gebruik laat my opnuut besef hoekom ek nie daarvan hou nie, hoewel bemarking dit grotendeels as “onskuldig” probeer uitbeeld bly die viering hiervan verkeerd. Daar is net een Opperste Gesag en Heilige GOD.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.