365 dae later: Só sleep Russiese oorlog voort

(Foto: Aris Messinis/AFP)

Toe Rusland sy buurland Oekraïne verlede jaar op 24 Februarie binnegeval het, het dit ʼn oorlog ontketen wat reeds duisende menselewens gekos het, stede verwoes en lewens aan flarde geruk het.

Burgerlike lewensverliese

Ná die maande lange bombardering van Marioepol het Russiese soldate in Mei beheer van die Oekraïense kusstad geneem. Die wydverspreide aanslag het die stad en verskeie ander in puin gelaat.

Die Verenigde Nasies (VN) raam dat sowat 21 000 Oekraïense burgerlikes sedert die begin van die konflik beseer is of gesterf het.

Meer as 7 000 volwassenes is na raming dood en nagenoeg 440 kinders het in die konflik omgekom. Meer as 11 700 mense is beseer of gewond; 850 hiervan is kinders.

Hoewel daar teenstrydighede in die presiese getal sterftes is, vermoed die VN dat die werklike dodetal moontlik veel hoër is. Die VN sê die meeste sterftes is die regstreekse gevolg van bombardering deur Russiese troepe, asook landmyne wat oor Oekraïne heen geplant is.

Volgens Oekraïense owerhede is sowat 30% van die land se grondgebied deurtrek van landmyne wat dekades sal neem om te verwyder.

Terwyl duisende mense die afgelope jaar in Oekraïne gesterf het, het miljoene ander inderhaas na buurlande gevlug.

Sedert Februarie verlede jaar het meer as 8 miljoen mense uit ʼn bevolking van meer as 43 miljoen die grens van Oekraïne na ander lande oorgesteek. Dít terwyl meer as vyf miljoen mense binne Oekraïne ontwortel is.

Meer as 2,8 miljoen mense het na Rusland gevlug, terwyl sowat 1,5 miljoen na Pole is en meer as een miljoen na Duitsland.

Militêre verliese

(Foto: Yasuyoshi Chiba/AFP)

Oekraïne se weermag het vanjaar tot sowat 500 000 militêre personeellede toegeneem, van wie 200 000 aktiewe weermaglede en 250 000 deel van die land se reserwemagte is.

Rusland het sowat vier keer meer aktiewe weermaglede as Oekraïne en nog 250 000 lede wat deel van sy reserwemag vorm.

Daar word beraam dat die voortslepende konflik reeds 180 000 Russiese soldate dood of beseer gelaat het, terwyl sowat 100 000 Oekraïense troepe dood of beseer is.

Kort nadat die oorlog verlede jaar begin het, het bewerings van ernstige oorlogsmisdade aan die lig gekom. Die Europese Unie se justisiekommissaris, Didier Reynders, sê naastenby 65 000 vermeende oorlogsmisdade is reeds aangemeld.

Ondersoekers van die VN het Rusland daarvan beskuldig dat hy oorlogsmisdade op ʼn “massiewe skaal” pleeg met gru-stories oor bomaanvalle, teregstellings, martelings en seksuele geweld wat sedertdien aan die lig gekom het.

Verskeie nie-regeringsorganisasies het Oekraïne ook veroordeel vir die beweerde skending van die regte van Russiese krygsgevangenes.

Oekraïense owerhede het reeds daarop aangedring dat ʼn spesiale tribunaal op die been gebring word om die beweerde oorlogsmisdade te ondersoek.

Oorlogsone

Valery Zaluzhny, bevelvoerder van Oekraïne se weermag, sê die voorste linies loop tans van noord na suid vir sowat 1 500 km en van die brandpunte sluit in die dorp Bakhmut.

Terwyl Russiese soldate hier al hoe meer toesak op Oekraïense magte, woon ʼn paar duisend burgers steeds op die dorp. Hulle is genoop om in kelders sonder lopende water of elektrisiteit te woon.

Volgens die jongste syfers deur die Instituut vir die Studie van Oorlog in die VSA het Rusland se troepe reeds ʼn vyfde van Oekraïne se grondgebied beset.

Zaluzhny voer egter aan dat die Oekraïense magte reeds 40% van die grondgebied teruggeneem het.

Bronne: AFP, Statista, VN, CNN

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johan ·

Wag ‘n bietjie, so, daar het minder mense in diè oorlog gesterf as wat elke jaar in SA vermoor word…hoekom is dit dan nuus? Julle tydlyn is ook te kort, dit moet begin met die stigting van “NATO”.

Luister ·

Nee, Johan, kom ons begin by die stigting van kommunisme.

Jan Nel ·

Jy lees die berig selektief om by jou pro-Russiese politieke agenda te pas. Ek vermoed jy het ophou lees by burgerlikes se syfer en die soldate se doodsyfer heeltemal geïgnoreer.

WynandM ·

Johan ken jy geskiedenis of het jy oorgegee aan Rusiese propaganda. Gaan lees maar eers oor die USSR voordat jy NAVO insleep.

Republikein in die Wes Kaap ·

WynandM, gaan lees sommer na wat het die afgelope duisend jaar daar gebeur.

Andre ·

Ek kyk nou die dag hoe Putin almal behalwe Rusland blameer vir die wrede inval in die Ukraine en sy lakeie vertel hoe hy die lewens van landgenote wil beskerm. Dan dink ek het hy nie ook kinders en kleinkinders nie soos vele ander wat dit nou nie meer het nie. Hoe vêr kan ‘n politikus gaan in die lewe vandag

Marthinus W ·

Tussen 24 februarie 2014, toe Amerika/EU n staatgreep uitgevoer het, en 24 februarie 2022, is meer as 20 000 Oekrainers in die Donbas vermoor, deur Kief. Dit word gereiflik versywg.

Waarom ·

Rusland het gedink binne ‘n week, dan is die oorlog gewen. Hierdie bewys dat Rusland se weermag oorskat is en swak is.

TruthDealer ·

Nee dis omdat Rusland teen verskeie lande baklei, die Nato lande help Zelensky met wapens en Biden stuur Biljoene der biljoene in geld. Seker wapens ook. Ek weet want ek praat met Amerikaners wat weet. En laat ek jou vertel, die meeste Amerikaners is Briesend omdat hulle belasting geld in hierdie bodemlose Zelensky put gegooi word. Terwyl hul eie oorlogveterane op straat sit en vergaan van ellende. Die Oekrainse regering en Zelensky is Nie die onskuldige engeltjies wat die mainstream media hul voorgee om te wees nie.

Luister ·

Probeer jy sê dat Rusland onskuldige engeltjies is? Wie het wie ingeval?

TruthDealer ·

Minsk Agreement. Ukraine het dit gebreek asook wapens nader aan die Russiese grens beweeg, stadig maar seker Nato toegelaat om nader en nader aan die grens van Rusland te beweeg. Die Oekrainse regering het ook al duisende Russies sprekendes, Russe wat in die Oekraine gewoon het, in onder andere Donbass vermoor en in ander dele van Oekraine geweldig onderdruk. Nee Rusland is nie n engeltjie maar regtig, hoe lank moes Mnr Putin met sy hande in sy sakke staan terwyl al hierdie dinge nou al n geruime tyd aangegaan het?

Luister ·

Ek het weer gehoor dat Rusland die Minsk Agreement gebreek het. Oekraine is nie deel van NATO nie en mag hulle weermag in hulle grense ontplooi waar hulle wil. Rusland het gesorg vir onstabiliteit in Donbas en Oekraine moes noodgedwonge hulle land al sedert 2014 verdedig. Dit ook nog nadat Rusland sommer net Crimea beset het. Wil jy dat Oekraine net terugstaan? As dit waar is dat duisende Russe vermoor is, hoekom het nie nog duisende na Rusland gevlug nie. Hoekom het Rusland nie vir die wêreld gevra om in te gryp na die mense slagting nie? Want hulle was sedert 2014 deel daarvan.

TruthDealer ·

Nee dit was Oekraïne wat die Minsk Agreement verbreek het. Dis algemeen bekend. Die Russe in die Oekraïne woon al vir eeue daar. Onthou, Oekraïne was vir eeue deel van Rusland. So hul familielyne en hele geskiedenis en lewensbetaan was/is daar. Dus het hul besluit om te bly. Waarom moes die Oekraïnse regering hul begin onderdruk en vermoor?? Ja, Rusland het in 2014 Krimea beset, om hul te beskerm. Dit wil voorkom of die mense daar nie juis ongegee het nie. My jarelange Oekraïnse vriendin het in Kharkov grootgeword. Sy en haar man wou egter liewer in Krimea hul kinders grootmaak. Hulle het soontoe getrek en was baie gelukkig daar. Soos die oorlog voortgeduur het, het haar man werk in Kanada gekry en hulle is nou daar. Haar ma en suster het ook gevlug en is nou in Amerika. En na al daardie ontwrigting van hulle lewens – nie Een slegte woord van hulle oor Mnr. Putin nie. Dit behoort vir jou iets te sê.

Luister ·

Jammer, die verbreking van Minsk agreement deur Oekaine is nie algemeen bekend nie.
Die Russe wat al vir eeue daar bly, was eers ander etniese groepe (soos bv Kossakke) wat deur Rusland verower is en Russies gemaak was (gedwonge). Dit was USSR se beleid om alles russies te maak en dit is nou nog so met Rusland. Al die gebiede van Oekraine wat hulle tot dusver “verower” het, dwing hulle nou russies af op skole, naamborde ens. Oekraeens word nie erken nie.
Ek weet ook nie of ek moet glo dat die Oekraeense regering die Russe onderdruk en vermoor het nie. Waar was die oproepe van veroordeling van die res van die wêreld dan?

Marthinus W ·

Angela Merkel was kanselier van Duitsland, en Francois Hollanse was president van Frankryk. Saam met Wladimir Poetin van Rusland en Petro Porosjenko van Oekraine, het hulle danksy Loekasjenko van Belarus, die sogenaamde Normandy Four, die ooreenkomste in Minsk onderhandel en geteken. Porosjenko, Merkel en Hollande het aldrie n paar maande gelede erken dat hulle die Minsk-ooreenkoms gebruik het om Rusland te mislei, sodat hulle Oekraine kon bewapen en oplei om teen Rusland te veg. Hierdie inligting is in die openbare domein.

Republikein in die Wes Kaap ·

Luister, daar is 21 republieke binne die Russiese Federasie waar mense hul kultuur, taal en gelowe uitleef. ‘n Paar daarvan in op die grens met Oekraïne. Hulle kom oorspronklik van Oekraïne en is tevrede in Rusland waar hulle hul entiteit handhaaf. Rusland wou hê dat die Donbas ‘n republiek binne Oekraïne word, maar die plan is afgeskiet. Jy vra waarom is Kief se dade in die Donbas nooit veroordeel nie. Want dit pas nie in by Amerika en Navo se narratief nie. Die Russiessprekers daar het Poetin gesmeek om in te gryp, maar hy het diplomasie verkies. Wat sal jy doen indien die ANC regering Orania binneval?

Nommer 7 ·

Truth Draler, die aannames wat u maak is russiese propaganda en ongegrond. Rusland het weer die Budapest Memorandum van 1994 verbreek, en nooit die wapentuig en kernwapens wat Okraine aan Rusland oorhandig het, vernietig nie.

TruthDealer ·

Daarvan weet ek nie genoeg om kommentaar te lewer nie. Is daar bewyse dat Rusland nie die wapentuig vernietig het nie? Ek weet dit gaan byna onmoontlik wees om op die internet van betroubare bronne n akkurate antwoord te kry, omrede feitlik alles aanlyn deesdae Anti-Russiese propaganda is. So dis eintlik maar n retoriese vraag. My punt is, die Oekraïnse regering het aangejaag en daar was gevolge.

WynandM ·

Aai, almal weet Rusland lieg x2 meer as die Weste. Dit kom al van kommunisme en is nog steeds in hul kulturele DNA. Hulle oordryf hul aantal wapens ens ens ens.
Ek is so moeg van mense wat heeldag Russiese propaganda opvreet vir soetkoek en amper fanaties die diktator Poetin aanhang. Hy draai hul om sy pinkie en is ‘n meester daarmee, veral om uitsprake te maak wat ons konservatiewe mense trek (wens net sy eie lewe en dade was so vroom). Doen julle self ‘n guns en wees tenminste meer gebalanseer en kyk na altwee kante

TruthDealer ·

In my opinie lieg die Weste maar net soveel indien nie meer. Maar ek verstaan hoe jy voel. Ek is net so moeg van Westerse propaganda en leuens. Ek hang nie vir Putin fanaties aan nie. Ek vertrou hom net meer as persoon en leier, as leiers soos Biden, Macron, wie ook al hierdie week Engeland se leier is, ens. Daardie klomp is deurmekaar met n kabal van die boosste van bose mense op die planeet. Dit is nou al in die bewoners vd weste se DNA om Amerika en Europa te vertrou en hulle leuns en vir soetkoek op te eet. Selfs hier in SA, word ons van vroeë kinderjare geindoktrineer om alles Amerikaans te verafgod. As Suid Afrikaners maar net n idee gehad hoe boos die Amerikaanse regering regtig is, en was.

Luister ·

Ek verstaan dat jy meen Amerika val ook sommer lande in met wie se regerings hulle nie saamstem nie, maar ten minste probeer hulle dit nie annekseer en verengels nie. Dit maak Putin glad nie beter nie. In plaas van dialoog en oplossings soek vir die Russiese mense in Oekraine (soos om ‘n veilige hawe in Rusland vir hulle te skep), voel hy dit is beter om in te val en sommer ‘n paar Oekrainse mense te vermoor. Dit nadat Rusland onmin in Donbas veroorsaak het wat tot burgerlike oorlog gelei het.
Die feit is Rusland soek die rykdom in minerale wat in die oostelike dele van Oekraine is en die toevalligheid dat daar russies-sprekende Oekrainers is, is ‘n bonus. Terloops, jy weet seker dat Zelensky self ‘n russiese spreker is. Snaaks dat hulle nie hom ook gou vermoor terwyl hulle kan nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Rusland het meer as genoeg hulpbronne binne sy 17.1 miljoen vierkante km.

Sarel ·

Ee. Van die min ” Bedmaats: is SA Regering e. Daardeur
het hulle bloed asn hulle hande

Fluisterwind ·

Waar daar oorlog is, is 7000 volwassenes dood. Hier in Suid-Afrika is daar tussen Oktober en Desember 2022 volgens die misdaad statistieke 7555 mense dood, waar is nou eintlik die oorlog?

TruthDealer ·

Die hele SA is so te sê n oorlogsone. Moord, gewapende roof, plaasmoorde (n oorlog op sy eie, teen die boere En die bevolking wat moet eet), verkragting, poging to moord, brandstigting en gewelddadige oproer, CIT trokke wat opgeblaas word, elke liewe dag net geweld, geskiet, moord en doodslag. Jy is nooit seker of jy deur nog n dag gaan oorleef nie. We have to live in fortresses to survive and hold onto family, food and possessions.

Jan Nel ·

Moenie ‘n goeie argument met halwe feite steun nie. As jou feite weerlê word, val die hele argument (al is dit hoe goed en goed bedoel) plat.

Daar is nie net 7000 volwassenes in die oorlog dood nie. Die syfers verwys bloot na burgerlikes. Lees die berig weer, die dodetal onder die troepe (waar die eintlike oorlog is) is veel meer.

Luister ·

Jan, maar ek is seker die Suid-Afrikaanse statistieke verwys ook na burgerlikes.

Jan Nel ·

Jammer, ek het seker foutiewelik aangeneem dat die kommentator bedoel dat 7000 volwassenes dood is daar waar die oorlog is.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die spesiale militêre operasie begin eers nou in alle êrens.

Marthinus W ·

Ek was n sappeur tydens my diensplig. Dit was Navo wat die duisende landmyne geplant het, nie die Russe nie. Om die skuld op Rusland te pak is oneerlik. n Maand nadat die Russe oor die grens is, het hulle sappeurs reeds 12 000 landmyne verwyder. Duitsland stuur nou magneetmyne, wat onwettig is.

Luister ·

Navo is nie eens betrokke by die oorlog nie en hulle was ook nooit in Oekraine nie. Dit was ook onwettig van Rusland om ‘n ander land in te val.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja, Luister, Navo is so deur die mis hulle dink Oekraïne is êrens in Suid Amerika.

Marthinus W ·

“Luister” bietjie wat Jens Stoltenberg kwytraak; hy’s nogal n chatterbox. Rusland het bewyse gehad dat Oekraine n groot inval gedurende einde Februarie sou loods. Hulle het Artikel 51 van VN Handves gebruik vir die aanval. Volgens die Kanadese regskenner, Christopher Black, het Rusland streng by die artikel gehou, en is hulle aksies korrek.

Republikein in die Wes Kaap ·

Wanneer Poetin klaar is met Zelinsky gaan Oekraïne kleiner wees as die Vatikaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.