4 sterf, 120 beseer in kragtige aardbewing

Die owerhede en lede van die publiek soek na oorlewendes tussen die puin in Turkye. (Foto: REUTERS/Tuncay Dersinlioglu)

Minstens vier mense is dood en 120 beseer toe ’n aardbewing van 7,0 Vrydagmiddag in die Egeïese See naby Turkye en noord van die Griekse eiland Samos voorgekom het.

Die kern van dié kragtige aardbewing was sowat 17 km van die Turkse stad Izmir en kon in Turkye sowel as op die Griekse eilande gevoel word.

Die aardbewing het tot hoë golwe gelei en het oorstromings aan dele van die Turkse kus tot gevolg gehad.

Ismail Yetiskin, burgemeester van die dorp Seferihisar in die provinsie Izmir, het gesê die seevlak het boonop gestyg as gevolg van die aardbewing. “Dit lyk asof daar ʼn klein tsoenami is.”

‘n Motor begrawe in die puin. (Foto: REUTERS/Tuncay Dersinlioglu)

Verskeie geboue het weens die skudding ineengestort met tientalle mense is in Izmir in die puin vasgekeer.

Samos met sy bevolking van ongeveer 45 000 het ook deurgeloop. Minstens agt mense op die eiland het ligte beserings opgedoen terwyl skade aan ou geboue aangerig is.

Waarskuwings omtrent oorstromings op die eiland is intussen uitgereik.

“Ons het nog nooit so iets beleef nie,” het George Dionysiou, die plaaslike onderburgemeester, gesê. “Mense raak paniekerig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

katerinadiekat ·

The guy is a total jerk but i don’t think this was divine retribution. Daar is gereeld aardbewings in Turkye.

Stefan ·

Reken jy dis geregverdig om as Hy Erdogan wil straf daar soveel onskuldige mense moet sterf of beseerd raak?

Mad Mike die Rhodesiër ·

Hier gaan ons alweer met eindtyd-profesieë! Wel daar is soveel van hierdie profesieë wat praat van aardbewings, oorloë, ensovoorts. Die sogenaamde ring van vuur en ander aktiewe sones is in “overdrive” en kyk wat nog als in die Midde Ooste gebeur! Die Antichris is hier en ons moet opkyk!

Sandra ·

Dis dalk tyd dat regte eind tyd gebeure met Professie in die bybel gemeet word. Einde van die tyd is Nader as wat ons besef. Nie net aardbewings, vure En oorlig nie. Voor waar God slaap nie. Dinge soos wat nou in ons wereld gebeur Kan beslis nie Meer vir Baie lank deur God ‘ge-tollerate’ word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.