50-jarige ouma gee geboorte aan vierling

Tracey Britten, ’n 50-jarige ouma van Brittanje, het verlede maand geskiedenis gemaak toe sy geboorte geskenk het aan ’n vierling.

Sy is die oudste ma van ʼn vierling in Brittanje se geskiedenis.

Volgens Daily Mail het Britten, wat reeds drie kinders en agt kleinkinders het, sowat £7,000 erfgeld van haar ma gebruik om in vitro-behandeling te ondergaan. Britten se kinders is 22, 31 en 32 jaar oud.

Nadat Britten deur middel van ʼn keisersnee geboorte geskenk het, is al die babas onmiddellik na die hoësorgeenheid gehaas, waar hulle goeie vordering maak. Hulle is op 31 weke gebore. Britten hoop dat hulle voor Kersfees by die huis sal wees.

“Dit was sover ʼn warrelwind en ek is so dankbaar. Een van die babas het al so baie buisies in haar gehad dat ek nog nie regtig haar gesig kon sien nie.”

Britten het gesê haar nuwe kinders is ʼn “wonderwerk”, en dat sy en haar tweede man, Stephen, nog besluit op name vir hulle.

“Ek wou net een kind gehad het, en nou word ek geseën met vier. Dit is ʼn wonderwerk! Ek het nie besef ons gaan geskiedenis maak nie,” het sy gesê.

Britten en Stephen was desperaat vir ʼn vierde kind, en het gesê hulle sou in die wolke gewees het selfs vir ʼn tweeling.

“Tydens my nege weke sonar het hulle vir my gesê ek is swanger met vier babas . Ek het in trane uitgebars,” het sy gesê.

“Hoewel daar vier embrio’s ingeplant is, het ek nooit in my wildste drome gedink ek sal ʼn vierling hê nie.” Drie van die embrio’s het geheg waarna een van die embrio’s in twee verdeel het.

Tracey het vroeër onder kritiek deurgeloop op sosiale media, omdat mense gesê het sy is selfsugtig, maar sy hou vol sy is nie te oud om nog kinders te hê nie.

“Niemand kla oor ouer musikante soos Mick Jagger, Ronnie Wood of Elton John wat eers ouers geword het in hul 60’s en 70’s nie. So hoekom val mense my aan?” het sy gesê.

Britten meen sy het reeds alles gedoen wat sy in haar lewe wou doen, en dat sy daarom ʼn beter ma sal wees nou dat sy ouer is.

“Toe ek vir die eerste keer in my tienerjare ʼn ma geword het, het ek heeltyd gedink aan waarop ek dalk uitmis. Maar nou het ek al alles gedoen; ek kan myself nou ten volle aan my babas toewy,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Stormrider ·

Kinders is duur……klink of sy haar geldjies op die in-vitro uitgegee het…..ons sal moet begin geld bydra!

Danie ·

Kinders is glad nie so duur as om rand -vir-rand met die Jones-egpaar mee te ding nie.

Roos ·

Op 63 het sy 4 tieners…. tot 70! Joe, ek weet darem nie.
Baie sterkte. Eerder julle as ek.

Danie ·

Net ‘n goeie Ma sal dit dan nog kan regkry.
Sterkte in elk geval.

Gesiggie ·

Goeie Genade…. om 4 kinders op 50 te kry? meer soos n Ouma as n Ma… nee wat, waar kry n mens Geduld op daai ouderdom… sterkte , die ander kinders moet maar inspring en help? n vierling is baie werk….

Christa ·

Onthou net Mick Jagger en die ander twee het nie self gekraam nie maar wel hulle bloed jong vroutjies

Theresa ·

Nerens in die bybel staan dis n sonde om kinders op n sekere ouderdom te kry nie. As n kroos van vier hul gelukkig op hul ouderdom maak wie is ons om te oordeel?

Ouma ·

Ek dink nie iemand oordeel nie ek is net dankbaar dat dit sy is en nie ek nie.

Wou net se.. ·

Theresa, ek dink jy moet gaan leer wat oordeel beteken. Dan se die woord ook tog met geregtigheid MOET jy oordeel. Sien nie dat iemand oordeel nie.
Op 70 verlaat haar kinders skool. Gaan sy kan saam met hul die pret van die lewe kan geniet of gaan sy nie meer krag he nie?

Wenner ·

Mamma, GENIET hierdie kindertjies. Jy en jou 2de man het hierdie kindertjies beplan. Vergeet die mensdom se oordeel. Hierdie kindertjies is aan jul gegee deur die Goeie Gewer.

GM ·

As dit hulle gelukkig maak, goed en wel.
Sy lyk na ‘n energieke vrou, maar 4 op een slag? Ek weet nie eers hoe mamma’s/pappa’s staande bly met ‘n tweeling nie. Ek salueer julle. Ek sou omkap van moegheid. Ek glo dis ‘n belewenis, though.

Ek doen net altyd die sommetjies. Op 20, gaan hul ma 70 wees. (En ek weet ouderdom is nie als nie, mens kan op enige ouderdom sterf). Hopelik word die paartjie oud genoeg om hul kleinkinders te kan sien van dié twee mensies.

honurable member ·

Ten minste maak sy kinders groot in n beskaafde land. Dis haar keuse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.