Aandklokreël terwyl talle stede in VSA brand

(Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Betogers in Washington in die VSA het Sondagaand ʼn aandklokreël verontagsaam terwyl die polisie gereageer het op talle brande wat “opsetlik gestig” is reg oor die stad.

Die historiese St. John’s Episcopal-kerk naby die Withuis is een van die geboue wat aan die brand gesteek is. Intussen word berig dat pres. Donald Trump Vrydag na ʼn ondergrondse bunker gehaas is nadat honderde betogers buite die Withuis bymekaargekom het. Veiligheid by die Withuis is intussen opgeskerp.

(Foto: AP Photo/Alex Brandon)

Washington DC se nasionale wag, nagenoeg 1 700 soldate, word intussen opgeroep vir bystand met die betogings buite die Withuis en elders in die land se hoofstad.

Stede in Amerika het vir nog ʼn agtereenvolgende aand onder betogings deurgeloop oor die dood van George Floyd (46). Die polisiebeampte wat vroeër vandeesweek in Minneapolis in die Amerikaanse deelstaat Minnesota op Floyd se keel gekniel het voor hy later dood is, word nou van die moord op Floyd aangekla.

(Foto: AP Photo/Evan Vucci)

Talle Amerikaanse stede het reeds ʼn aandklokreël ingestel om die betogings onder beheer te probeer bring. Die betogings raak dikwels gewelddadig met brande wat gestig word en plundering wat ook voorkom.

Volgens berigte is minstens 4 100 mense reeds in hegtenis geneem tydens die dae lange betogings wat sedert Floyd se dood woed.

In Bellevue, Washington, het die polisiehoof, Steve Mylett, gesê wydverspreide plundering en geweld het voorgekom. “Hulle was daar om te vernietig. Ons verwelkom vreedsame protesoptogte, maar hierdie is iets anders.”

(Foto: AP Photo/Ashley Landis)

Mylett het gesê hy is gewalg oor wat met Floyd gebeur het, maar dat die geweld die wettige protesoptogte oorskadu.

In Atlanta, Georgia, is twee polisiebeamptes afgedank en drie op kantoordiens geplaas nadat hulle glo oormatige geweld gebruik het tydens ʼn protesoptog.

Keisha Lance Bottoms, burgemeester van Atlanta, het gesê sy en die polisiehoof, Erika Shields, het die besluit geneem nadat beeldmateriaal van lyfkameras nagegaan is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Frederik ·

Is dit al manier om woede te wys? Brand alles. Dit gaan dinge aansienlik verander. Dink jou in nou is ek kwaad vir my baas, daar brand sy huis?? Komaan dit is mos nie die regte optrede nie ! Binnekort is daar niks meer om te brand nie, wat gaan dan gebeur?

Werner ·

Die reg is mos nou besig om sy gang te gaan tyd dat die betogers pak kry

Willem ·

Nou word polisiemanne gestraf omdat hul hardhandig met betogers werk maar wat het betoger gedoen om dit te verdien

JohanR ·

Maak my dink aan trein stasies in SA wat afgebrand is (Pretoria/Kaapstad) omdat die treine gekanseleer is, of laat was. Daai selfde honderde wat nou die stasies afgebrand het daag nou die volgende more op, en verwag daar moet ‘n trein wees om hulle werk toe te vat.

Kerneels ·

Dis nie reg wat met George Floyd gebeur het nie, maar hierdie is wraggies ook nie reg nie.

Afrika mentaliteit.

Frans ·

Daar is min verskil tussen die plaaslike en die Amerikaanse betogers. Dit was dus vir my ‘n openbaring toe die man van Zimbabwe wat vir my tuinwerk doen,sê hulle betoog ook,maar brand nie af nie want hul weet die regering gaan net belastings verhoog om die afgebrande geboue te vervang of te herstel.

gatgogga ·

Hulle weet dit hier by ons ook. Maar wie betaal die verhoogde belastings hier ? Hulle weet dit ook.

Hoekom ·

Die vraag is wat het George Floyd gedoen? Polisie man sal nie net sommer en uit eie wil sy knie op iemand se keel druk nie. Hierdie Amerikaners is te geneig om kriminele van ander gelaat onskuldig te laat lyk, terwyl hulle skuldig is…

Therese ·

Só lyk Diversiteit, Multikulturalisme, Vryheid en Gelykheid in die Weste.
Broederskap nog agterweë, volg hopelik later.
Europa is bloot ‘n paar dekades agter die VSA, behoort spoedig op te vang.

Grassie ·

Een polisieman pleeg ‘n oortreding en duisende “African Americans” begin landswyd plunder. Dit brei ook uit na Engeland en die Poms se broeke bewe. Ek dink daardie mense voel vere vir Floyd, dit is iets anders, ‘n haat vir westerse beskawing en norme, vir alles wat wit is. Die Yanks is ‘n hardekwas nasie en ernstige rassebotsings in die nie te verre toekoms is baie moontlik.

Spiekeries ·

Ek is verstom. Een swart man wat sterf aan die hande van wit polisiemanne en die wereld word na chaos gedryf. Duisende blanke boere word in SA vermoor en gemartel, gedryf deur haat en bloeddorstigheid, maar niks gebeur nie? Het ons nie meer ruggraat nie?

Hoekom ·

Ons is te besig om te kyk of ons eie buurman en vrou ‘n masker aan het of “social distancing” nakom, polisie man te speel, as om te sien wat rerig om ons aan die gebeur is

Jaco ·

Daarsy, nou kry die liberale yanks wat hul monde so vol gehad het oor ons voor 92 so n voorsmakie van hoe dit hier is. Die blankes in die VSA sal teen 2050 in die minderheid wees. So ek sien die VSA ook glad nie as n toevlugsoord nie. Ons kinders sal daar dieselfde onderdrukking ervaar as wat ons vandag in RSA beleef. Hulle is net so 50 jaar agter ons wat dit aanbetref. Dink die enigste plek waarna ek gaan vlug na hierdie lockdown is Kanada, New Zeeland is dalk ook n opsie.

houopkruip ·

Lees asb vanoggend se berig oor News24 onder “Opinion” deur Herman Elof.
As dit jou nie met uiterste walging en woede laat reageer nie, dan verstaan ek hoekom ons is waar ons is nie.
HIERDIE standpunt is die rede vir die Afrikaner se ondergang.
Ek is vervul met afgryse, woede en woorde kan nie beskryf hoe ons voel nie.
Nodeloos om te se dit was die laaste van News24.

Hoekom ·

Jy sny die gras van jou tuin omdat jy dit haat nie, ook nie omdat jy lus het nie, ook nie omdat jy glo die gras het minder regte as jy nodig nie. Jy sny die gras want die gras is te lank. Netso sal ‘n polisie man nie verniet sy knie op jou keel sit nie…

Jaco ·

waarom stuur hy nie net die weermag in nie? dis dan waarmee hy gedreig het. en nou is hy stil. baie vreemd.

Niklaas ·

Ek verneem dat die opstandiges nie net “african american” is nie ( baie blankes ook) en dat winkels op groot skaal gestroop word. Nie uit protes nie , maar omdat die geleentheid nou orals aangegryp word om te buit. Klink tog effens bekend vir my.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.