Aardbewing van 6.6 naby Australië

Foto: Google Maps

ʼn Aardbewing van 6.6 het naby Broome aan die kus van die noordweste van Australië plaasgevind, het die Amerikaanse Geological Survey (USGS) Sondag gesê.

Die aardbewing hou nie enige tsoenamigevaar in vir Australië, eiland of ander gebiede nie, volgens die Buro van Meteorologie.

Geoscience Australië het gesê die onderwater skudding het om 0539 GMT in die Indiese Oseaan plaasgevind, tussen Broome en Port Hedland in die weste van Australië. Die episentrum is meer as 200 km wes van Broome, ʼn vakansiedorp aan die kus.

Geen groot skade is in die gebied aangemeld nie.

Plaaslike media het gesê inwoners aan kusgebiede het die skudding gevoel en sommige plaaslike inwoners het hul tot sosiale media gewend. “Ons het sopas ʼn aardbewing in Broome gehad! Die hele huis het geskud en dit het lank aangehou. Nog nooit vantevore só iets beleef nie – dis nogal verstommend!” het Deb Hannagan, ʼn inwoner van Broome, op Twitter gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Mic ·

Matteus 24:7

… “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en AARDBEWINGS op verskillende plekke…
JESUS se wederkoms is voor die deur ????

Linda ·

Ja dit gaan nou gereeld gebeur regoor die aarde. Dit voel of ons dae ook verkort word. Kan nie wag vir die koms van Jesus nie. Wow wat n wonderlike dag sal dit nie wees nie!!

nabetragting ·

In lande waar aardbewings voorkom, is daar soms voor die aardbewing ’n onwerklike stilte. Dit is asof die aarde asem ophou vir die komende ramp. Alles is doodstil, maar intussen staar almal uitwissing in die gesig.
So is dit ook met die swye van God oor die valse vrede wat in sy Naam verkondig word. Baie mense interpreteer hierdie stilte van God verkeerdelik as vrede, maar dit sal gevolg word deur sy vernietigende oordeel.
Hoe word hierdie valse vrede dan omskep in God se egte vrede? Gehoorsaamheid en ’n toegewyde lewe bring ware vrede. Dié wat in God se volmaakte wil wandel, vind ware vrede by Hom, want Hy is die bron van vrede. Wanneer sy vrede deur Christus ons deel word, leer ons die ware betekenis van die woord verstaan. Christus se dood en opstanding is die waarborg van ons vrede en word aan ons bevestig deur sy vergifnis in antwoord op ons berou en belydenis. Dan leef ons dag ná dag vanuit sy egte vrede. Dan kan ons eerlik verklaar: “Alles is reg!” omdat ons in die regte verhouding tot God staan en deelgenote van sy vrede is.
Ozrovech Solly, Op Vlerke van Geloof, (Kaapstad: Lux Verbi) 1996.
Boodskap: uit Jeremia 6:10-15

Lvz ·

Amen. Ons word in menige boeke van die Bybel gewaarsku. Ons sien soveel van die eindtyd profesiee wat reeds begin het. Mense moet asb besin en nader aan God leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.