Aerosmith-sanger dekades later gedagvaar vir ‘seksuele aanranding’

Steven Tyler van Aerosmith tydens ‘n optrede by die Wells Fargo Center op 2 September 2023. (Foto: Lisa Lake/Getty Images/AFP)

Steven Tyler, voorsanger van die bekende Amerikaanse rockgroep Aerosmith, staan tereg op ʼn klag van seksuele aanranding, 50 jaar ná die beweerde voorval waarin hy ʼn 17-jarige meisie sou gemolesteer het.

Die saak teen hom is Donderdag in ʼn hof in New York ingedien. Die voorval het na bewering in 1975 plaasgevind.

Volgens die tydskrif Rolling Stone het Jeanne Bellino, ʼn voormalige kindermodel, “permanente emosionele skade” opgedoen asook ander toestande nadat die musikant haar teen haar wil betas en gesoen het.

Luidens hofstukke sou die sanger die voormalige model twee keer in die somer van 1975 in Manhattan gemolesteer het. Die voorvalle het glo op dieselfde dag plaasgevind nadat ʼn vriendin van Bellino gereël het dat sy die sanger, toe omtrent 27, ontmoet. Luidens hofstukke het hy haar twee keer seksueel aangerand, die eerste keer deur haar in ʼn telefoonhokkie in te stamp, te betas en hom teen haar aan te vryf. Die tweede keer was glo later die dag by ʼn hotel waar hy haar “met geweld” gesoen en hom weer teen haar aangevryf het.

Dit is nie bekend vir hoeveel Bellino hom dagvaar, of waarom sy so lank gewag het om ʼn saak te maak nie.

Hoewel die voorval ʼn halfeeu gelede plaasgevind het, voer Bellino in die dagvaarding aan dat sy “groot fisiese en emosionele pyn ervaar het en steeds ervaar”. Sy ly ook aan permanente emosionele skade, vernedering en persoonlike en sielkundige beserings. Daar word ook beweer sy was in ʼn hospitaal opgeneem weens die insident en neem steeds medikasie om haar te help om die voorval te verwerk.

Die voorval in die telefoonhokkie het glo gebeur toe lede van die groep en hul gevolg die Warwick Hotel verlaat en langs Sixth Avenue geloop het. Sy het hom ʼn vraag gevra oor ʼn liriek wat hom frustreer het, toe hy haar glo in die telefoonhokkie ingedruk het. Ooggetuies van die voorval het blykbaar buite die telefoonhokkie gestaan en lag.

Luidens hofstukke kon sy daarin slaag om haar uit sy greep te bevry deur haar knie te lig en aan sy hare te trek en dat sy in “skok en vrees” uit die telefoonhokkie gevlug het. Omdat sy egter van haar vriendin afhanklik was vir ʼn rygeleentheid, het sy saam met die groep terug na die hotel gegaan, waar die tweede voorval na bewering plaasgevind het.

Die 75-jarige sanger word reeds deur ʼn soortgelyke hofsaak in die gesig gestaar nadat Julia Holcomb Misley hom verlede jaar in Kalifornië gedagvaar het vir seksuele aanranding van ʼn minderjarige. Die saak hou verband met Tyler se destydse verhouding met Misley, toe 16, en die beweerde misdade het glo oor ʼn tydperk van drie jaar plaasgevind. Tyler ontken die bewerings van seksuele aanranding, maar nie dat hulle ʼn seksuele verhouding gehad het nie.

Aerosmith toer tans in die VSA en Tyler se prokureur asook verteenwoordigers van die groep, het nie op navrae vanaf Rolling Stone of The Guardian gereageer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Debbie ·

Ek stem dat dit verkeerd is as n man dit doen maar wragtig 50 jaar na die daad dan n klag indien? Dis belaglik. As daai saak nie uit gegooi word nie dan weet ek nie. Daar behoort n tydperk te wees na die daad gedoen is om dit te rapporteer, sou se 2 weke. Sy wil net gou ryk word dink ek

Danie ·

50 jaar later. Regtig. Hierdie is ‘n fortuinsoeker. Niks meer nie.

Manie ·

Ons moet nou hard soek na die susters wat in 1968 ons seuns se klokke in die hand gehou en laat hoes het om vir ‘n breuk te toets. Dalk kan ons geld maak.

Martie Smartie ·

Tyd lat ek my wiskunde onnie van 1978 dagvaar, hy het my met rottang pak gegee. Ek ly nou nog vreeslik aan baie probleme, veral finansieel. Maar ek kan darem nog sommemaak enmy tafels goed onthou. Het darem iets gescore … he he he

Bekkie ·

Ag nee rerig………..duidelik het hierdie girl nou dringend geld nodig !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.