Afgetrede onnie in hof oor dogter se verkragting

Argieffoto

ʼn Afgetrede onderwyser van Namibië sal vandeesweek in die Rehoboth-landdroshof, suid van Windhoek, verskyn op aanklag dat hy sy agtjarige dogter verkrag het.

The Namibian, die land se grootse dagblad, het berig die saak is verlede week tot 23 Januarie uitgestel sodat die 68-jarige man kan aansoek doen om borgtog. Die man word beskuldig van verkragting en die saak is uitgestel sodat mondelingse argumente aangehoor kan word in sy aansoek om borgtog.

Die beskuldigde het glo sedert 2017 sy agtjarige dogter herhaaldelik seksueel aangerand by hul huis in Rehoboth.

The Namibian berig staatsaanklaer Zibiho Munzenze, wat borgtog teenstaan, het aan landdros Kandiwapa Nangombe gesê as die beskuldigde se aansoek om borgtog toegestaan word, sal dit ʼn teken wees dat die hof nie huishoudelike geweld en geslagsgebaseerde geweld probeer bekamp nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

se maar net ·

lae gemors hoop hy kry die ergste straf denkbaar hy het sy eie kind se lewe geskend asb geen borgtog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.