Agt sterf toe hyskraan ineenstort

Agt mense is dood toe ’n hyskraan Donderdag op ’n bouterrein in Kenia se hoofstad, Nairobi, ineengestort het. Twee van die oorledenes van Chinese en ses Keniane.

Volgens ooggetuies het die hyskraan ineengestort terwyl ʼn span van tien werkers besig was om dit af te breek.

Die werkers was besig om ’n studentekoshuis van 14 verdiepings te bou. Die werk is verrig onder toesig van ’n Chinese konstruksiefirma, genaamd ZJCC.

Nie een van die verteenwoordigers van die firma was bereid om kommentaar oor die ongeluk te lewer nie.

Die oorsaak van die ineenstorting is in hierdie stadium ook nog nie bekend nie.

Volgens ooggetuies het hulle mense hoor skree en die volgende oomblik het die hyskraan ineengestort.

“Ons was besig om middagete te eet toe ons ’n harde slag gehoor het. Ons het aanvanklik gedink dit is ’n gedeelte van die gebou wat ineengestort het,” het Michael Odhiambo, ʼn konstruksiewerker, vertel.

“Toe ons daar aankom, het ons besef dat die hyskraan ineengestort het.”

Die beseerde werkers is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere mediese behandeling.

Dit is nie die eerste keer dat só ongeluk in Nairobi plaasvind nie.

Minstens drie mense is in Desember 2019 dood toe ʼn woonhuis ineengestort het. Dié voorval het plaasgevind drie maande nadat sewe kinders gesterf het en talle beseer is toe ’n skoolgebou ineengestort het.

In April 2016 is altesaam 49 mense dood toe ʼn gebou van ses verdiepings in die noordooste van die hoofstad ineengestort het.

Hierdie ongelukke word toegeskryf aan nalatigheid en hou verband met die konstruksie van die infrastruktuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Heleen ·

Ek het al gesien hoe bou die afrikane. Hulle scaffels word van hout gemaak en die verskillende vloere word indersteun met hout pilare, en al die junk wat China nie meer gebruik word in Afrika gedump,selfs ou huiskrane. Dit gebeur sodra n land afhanklik word van ander lande se goedkoop produkte omdat jy nie jou eie wil/kan vervaardig nie. Of omdat jy nie die finansiele rugsteun het daarvoor. So jammer om die goed te hoor want ons is nie vêr daarvan nie!

marius ·

Korrek . Ek het self gesien in Nairobi dat hulle scaffels maak van bamboes en hoe geboue oprig .

CA ·

Onbekend maak onbemind? Bamboes-steierwerk is eeue oud in Suid-China. In moderne tye word dit gebruik by die oprigting van geboue van 40 of meer verdiepings.

Piet ·

Ja. Van steiers weet hulle nie veel nie. As jy vir my ‘n paar huiskrane het, kan ek dit dalk in my badkamer gebruik.

Elize ·

Ek dink op die hyskraan was daar ‘n kaartjie met “made in China”. Jammer vir al die families

KhoiKhoi ·

Ongelukkig gaan ons dit vroeer of later sien met huise wat gaan ineenstort.
Bou maatreels word bloot verontagsaam.
Daar is bouery sonder planne en inspeksies.
Kyk na die hop (rdp) huise.

Harley Davidson ·

Hulle maak seker ook nie van kundiges gebruik nie dit blyk ‘n africa probleem te wees

Niklaas ·

Ek was nog nooit in my lewe beïndruk met enige Chinese standaarde of produkte nie. Of dit nou motors of wat ookal is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.