Agterstand is ingehaal by Suezkanaal

Satellietfoto van die MV Ever Given (Evergreen) in die Suez-kanaal (25 Maart 2021) (Foto: Cnes2021, Distribution Airbus DS/AFP Photo)

Egipte se Suezkanaal-owerheid het Saterdag gesê ʼn verkeersknoop wat veroorsaak is toe ʼn houerskip skuins in die waterweg vasgesit het, is opgeklaar.

“Alle skepe wat in die waterweg staan en wag het sedert die MV Ever Given gestrand geraak het, het deur die kanaal beweeg,” het Osama Rabie, hoof van die Suezkanaal-owerheid, in ʼn verklaring gesê.

Die 200 000 ton megaskip is Maandag vlotgemaak, en in daardie stadium het meer as 400 skepe weerskant van die kanaal gewag om deur te vaar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Yvonne ·

Mis ek iets? Daar staan dan tog duidelik op die skip dat die naam Evergreen is!

Sune van Heerden ·

Dagsê Yvonne

Die skip staan bekend as die MV Ever Given (Evergreen).
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Daleen ·

Yvonne EVERGREEN is die maatskappy wat die skip gebruik se naam. Die skip self se naam – EVER GIVEN – is baie klein op die voorkant van die skip.

Sandra ·

Die kaptein her die instruksie verkeerd verstaan. Hy’t gedink hy moet dwars deurgaan en nie dwarsdeur gaan nie.

Cherokee ·

Pragtige taal Afrikaans, waarmee so lekker gespeel kan word as die taal geken word. :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.