‘n Jordaniese akteur is dood tydens die TV-opname van sy karakter se sterftoneel.
Mahmud al-Sawalka het glo aan die persoon, wat die rol van sy seun speel, opdrag gegee om hom met sy eie hande te begrawe net voordat hy sy laaste asem uitgeblaas het.
Al-Sawalka se karakter is vroeër glo geskiet en die karakter het in die program “Bloedbroers” op sy sterfbed gelê.
Die nuusdiens, Reinaha, wat die nuus van die ongewone sterfte wêreldkundig gemaak het, het egter nie gemeld waaraan die akteur oorlede is nie.
Hy was veral bekend vir rolle in historiese dramas, veral waarin die Bedoeïene sentraal gestaan het.
Bron: BB Berlin, De Telegraaf
Mmmm, ironies, jou tyd, is jou tyd.